Stoffberg
Stoffberg is 'n landelike dorpie in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is 70 km noordoos van Middelburg en lê aan die bolope van die Steelpoortrivier. Die takspoor vanaf Middelburg het Stoffberg in 1927 bereik. Die halte is gebou op die plaas Springboklaagte van Dirk Stoffberg, 'n wamaker van Wellington wat homself in hierdie gebied gevestig het. Die dorp is na hom vernoem. Die R533-provinsiale pad gaan deur die dorp.
Stoffberg | |
---|---|
![]() ![]() Stoffberg | |
Koördinate: 25°25′0″S 28°50′0″O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Mpumalanga |
Distriksmunisipaliteit | Nkangala |
Plaaslike Munisipaliteit | Emalahleni |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Distrik
Stoffberg is die handelsentrum vir 'n area waar gemengde boerdery toegepas word: beeste, koring, mielies, grondboontjies en groente.
Bron
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 ISBN 1-86842-026-4
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.