Stinkhout
Stinkhout (Ocotea bullata) is 'n endemiese boom van Suid-Afrika. Dit staan ook bekend as Swartstinkhout of Ware stinkhout.
Stinkhout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | Magnoliids |
Orde: | Laurales |
Familie: | |
Genus: | Ocotea |
Spesie: | O. bullata |
Binomiale naam | |
Ocotea bullata (Burch.) Baill., (1870) | |
Sinonieme | |
|
Verspreiding
Die boom kom voor langs die Weskus tot in KwaZulu-Natal, asook verspreid in Mpumalanga en Limpopo.
Kenmerke
Die boom se hout is van hoƫ gehalte, is baie duur en meubels wat daarvan gemaak is, is gesog. Die blare het kenmerkende vratjies of blasies aan die bokant. Die ovaalvormige vrug word pers wanneer dit ryp is en is omtrent 2 cm lank. Dit het 'n kelk aan die basis en lyk soos 'n akker. Die boom het sy naam gekry weens die feit dat die hout stink wanneer dit gesaag word.
Die boom se FSA-nommer is 118.[1]
Galery
- 'n Groot stinkhoutboom in Suid-Afrika.
- Die skoon, reguit stam van 'n jong stinkhoutboom.
Sien ook
Wikimedia Commons bevat media in verband met Ocotea bullata. |
Bronne
- Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.