Stikstofoksied
'n Stikstofoksied is 'n chemiese verbinding van stikstof en suurstof (NxOy).
Daar is heelparty stikstofoksiede:
- N2O -- distikstofoksied (laggas)
- NO -- stikstofmonoksied
- NO2 -- stikstofdioksied
- N2O3 -- distikstoftrioksied
- N2O4 -- distikstoftetroksied
- N2O5 -- distikstofpentoksied
Stikstofmonoksied wat deur verbranding ontstaan, sal in die atmosfeer skielik met suurstof reageer volgens:
Hierdie proses is 'n belangrike stap in lugbesoedeling en daar sal altyd 'n mengsel van NO en NO2 teenwoordig wees. Hierdie mengsels word dikwels met NOx of stikstofoksiede aangegee.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.