Stekelrige kurper

Die Stekelrige kurper (Ctenopoma multispine) is 'n varswatervis wat voorkom in die Okavangorivier, die boonste en onderste gedeeltes van die Zambezirivier, Kafuerivier en kusriviere in Mosambiek en noordelike KwaZulu-Natal. Dit kom ook voor in Quanza in Angola en die suidelike sytakke van die Kongorivier. In Engels staan die vis bekend as die Manyspined climbing perch.

Stekelrige kurper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. multispine
Binomiale naam
Ctenopoma multispine
Peters, 1844

Voorkoms

Die vis het 'n lang lyf en die oĆ« is ver vorentoe. Daar is 'n goed ontwikkelde lug-asemhalingsorgaan in 'n holte bokant die kieue. Die vis het onreĆ«lmatige donkerbruin of swart kolle en strepe oor die lyf. Die vis word tot 135 mm lank.

Habitat

Die vis leef in stiller water van riviere, vloedvlaktes, panne en moerasse wat baie plantegroei bevat. Hulle vreet klein diertjies soos insekte en vissies. Die vis is goed gekamoefleer en vang die prooi deur hul stadig te bekruip. Hulle kom in groepe saam om te broei; die eiers word wyd verstrooi en word nie opgepas nie. Die vis kan warm, stilstaande water verduur en verlaat die water en beweeg oorland na alternatiewe woonplekke gedurende die nag of in nat weerstoestande.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.