Steengoed
Steengoed is verglaasde wit erdewerk van poreuse en ondeurskynende kwaliteit wat by temperature tussen 900 en 1100 °C gebrand word. Steengoed, wat in Engels creamware genoem word, is in 1760 vir die eerste keer deur die Engelse pottebakker Josiah Wedgwood (1730-1795) vervaardig en vervolgens hoofsaaklik vir breekware en kunsvoorwerpe gebruik.
![](../I/Select_Sketches_-_Menai_Bridge_1.jpg.webp)
'n Steengoed-bord uit Staffordshire, Engeland
Bekende soorte steengoed is veldspaat-steengoed (fayence) en kalksteengoed. Fayence (wat na die Italiaanse stad Faenza genoem is) is van natuurlike wit kleur en word dikwels met 'n geverfde glasuur van tin of lood versier.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.