Steelpoortrivier

Die Steelpoortrivier is 'n regtersytak van die Olifantsrivier in Limpopo, Suid-Afrika.

Steelpoortrivier
Stroomgebied Limpopo, Suid-Afrika
Oorsprong Kwaggaskop, Mpumalanga
Monding Olifantsrivier naby Kromellenboog
Monding-hoogte 605 m
Ligging van Steelpoortrivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Steelpoortrivier
Steelpoortrivier
Koördinate: 24°26′31″S 30°26′6″O

Oorsprong

Die Steelpoortrivier ontspring op die plaas Kwaggaskop tussen Dullstroom, Stoffberg en Belfast in Mpumalanga.

Monding

Die samevloeiing met die Olifantsrivier is naby Kromellenboog by 24°26′31″S 30°26′6″O.

Sytakke

Die hoofsytakke van die Steelpoortrivier sluit in die Dwarsrivier, Kliprivier, Watervalrivier en die Spekboomrivier.[1]

Damme

Water van die rivier word naby Burgersfort in die De Hoopdam opgegaar.[2][3]

Verwysings

  1. "Steelpoort River: Hydrology and geohydrology". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2014. Besoek op 14 Maart 2012.
  2. Celliers, Heléne (16 Februarie 2014). "De Hoop-dam eers later voltooi". Beeld. Besoek op 18 Junie 2014.
  3. Major rivers and streams within the Limpopo River Basin

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.