Steelpoort
Steelpoort is 'n dorpie in Limpopo, Suid-Afrika. Die R555-streeksroete gaan deur die dorp en Burgersfort is die naaste groot dorp.
Steelpoort | |
---|---|
![]() ![]() Steelpoort ![]() | |
Koördinate: 24°43′S 30°12′O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Sekhukhune |
Munisipaliteit | Fetakgomo Tubatse |
Regering | |
• Tipe | Plaaslike Munisipaliteit |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,11 km2 (1,20 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 105 |
• Digtheid | 355/km2 (920/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 28.5% |
• Indiërs/Asiërs | 1.2% |
• Bruin mense | 4.2% |
• Swart mense | 66.0% |
• Ander | 0.1% |
Taal (2011) | |
• Noord-Sotho | 34.5% |
• Afrikaans | 33.3% |
• Engels | 11.7% |
• Zoeloe | 3.6% |
• Ander | 17.0% |
Poskode (strate) | 1133 |
Poskode (posbusse) | 1133 |
Skakelkode | 013 |
![](../I/Chromitite_Bushveld_South_Africa.jpg.webp)
Gelaagde stollingsgesteentes naby Steelpoort.
Geskiedenis
Nadat magnetiet en chroom hier ontdek is, is 'n spoorlyn tussen Lydenburg en Steelpoort in 1924 gebou.
Die naam het ontstaan toe 'n Voortrekker in die 1840's 'n olifant hier in die skemer geskiet het. Die volgende oggend was die tande van die olifant weg. Na 'n groot soektog is die tande in 'n medereisiger se besit gevind. Hulle het toe die poort Olifantspoort en die rivier Steelpoort genoem.
Sien ook
Verwysings
- "Hoofplek Steelpoort". Sensus 2011.
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.