Stanley Mathabatha
Chupu Stanley Mathabatha (gebore 21 Januarie 1957) is 'n Suid-Afrikaanse oud-diplomaat en politikus. Hy is tans die premier van Limpopo en die provinsiale voorsitter van die African National Congress, asook 'n lid van die Limpopo provinsiale wetgewer. Mathabatha was voorheen die Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Oekraïne.[1]
Stanley Mathabatha | |
![]() Mathabatha in Desember 2018 | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 18 Julie 2013 | |
Voorafgegaan deur | Cassel Mathale |
---|---|
Provinsiale voorsitter van die African National Congress | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 16 Februarie 2014 | |
Vise | Jerry Ndou (2014–18) Florence Radzilani (2018–hede) |
Voorafgegaan deur | Dickson Masemola |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Chupu Stanley Mathabatha 21 Januarie 1957 Ga-Mathabatha, Transvaal |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Politieke party | African National Congress |
Alma mater | Universiteit van Wes-Kaapland Universiteit van die Noorde |
Mathabatha was tydens sy jeug betrokke in die United Democratic Front en die Umkhonto we Sizwe. Hy het grade by die Universiteit van Wes-Kaapland en die Universiteit van die Noorde behaal. Ná apartheid het hy in die Limpopo provinsiale regering gedien en was 'n diplomaat voordat hy as die premier in Julie 2013 aangestel is.[2]
Verwysings
- "Know your premier: Stan Mathabatha" (in Engels). SABC News. 22 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019. Besoek op 7 Junie 2020.
- "Stanley Mathabatha on his election as Limpopo Premier" (in Engels). Politicsweb. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2020. Besoek op 7 Junie 2020.
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.