Stadium Municipal (Toulouse)
Die Stadium Municipal (letterlik "Stedelike Stadion") is die grootste stadion in die Suid-Franse stad Toulouse. Die stadion is 'n suiwer rugby- en sokkerveld en beskik oor geen bykomende atletiekbaan nie. Die Stadium Municipal dien as die tuisveld van die plaaslike sokkerspan FC Toulouse, maar word ook vir rugbywedstryde van die plaaslike span Stade Toulousain in die H-beker (Europa-beker) of Top 14 (Eerste professionele liga) gebruik. Toetswedstryde van Frankryk se nasionale rugbyspan is ook hier gespeel. Die stadion lê op die Ramiereiland in die Garonnerivier.
Stadium Municipal | ||
Bynaam | Petit Wembley | |
---|---|---|
Ligging | Toulouse, Frankryk | |
Koördinate | 43°35′0″N 1°26′3″O | |
Eienaar | Stad Toulouse | |
Kapasiteit | 33 150 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1937 | |
Geopen | 1938 | |
Renovasie | 1949, 1997, 2003, 2005, 2007, 2013–2016 | |
Boukoste | 41,5 miljoen € (2013–2016) | |
Argitek | Jean Montariol (1938) Cardete Huet Architectes Atelier Ferret (2013–2016) | |
Huurders | ||
FC Toulouse (Sokker) Stade Toulousain (Rugby) |
Geskiedenis
Die stadion is in 1937 ingewy, en in die volgende jaar het hier wedstryde van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 plaasgevind. Die stadion is in 1949 herstel en in 1997 ook vergroot tot 36 500 sitplekke met die oog op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 en die Rugbywêreldbeker 1999.
Die stadion is sedertdien gereeld van nuwe geriewe voorsien en was die tweede in Frankryk na die Stade de France wat in die somer van 2005 groot digitale advertensieskerms gekry het. Sy twee digitale skerms is deur groter eenhede vervang, terwyl daar ook 'n restaurant en 'n bodega geopen is. Die Stadium Municipal is ook vir die Rugbywêreldbeker 2007, die Europese Sokkerkampioenskap 2016 en die Rugbywêreldbeker 2023 gebruik.
Wedstryde
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
5 Junie 1938 | 17:00 | Kuba | 3–3 (e.t.) | Roemenië | Eerste rondte | 7 000 |
9 Junie 1938 | 18:00 | Kuba | 2–1 | Roemenië | Herhaling | 8 000 |
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
11 Junie 1998 | 21:00 | Kameroen | 1–1 | Oostenryk | Groep B | 33 500 |
14 Junie 1998 | 14:30 | Argentinië | 1–0 | Japan | Groep H | 33 500 |
18 Junie 1998 | 17:30 | Suid-Afrika | 1–1 | Denemarke | Groep C | 33 500 |
22 Junie 1998 | 21:00 | Roemenië | 2–1 | Engeland | Groep G | 33 500 |
24 Junie 1998 | 21:00 | Nigerië | 1–3 | Paraguay | Groep D | 33 500 |
29 Junie 1998 | 21:00 | Nederland | 2–1 | Joego-Slawië | Agtste eindrondte | 33 500 |
Rugbywêreldbeker 1999
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugbywêreldbeker 1999.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
14 Oktober 1999 | 20:30 | Kanada | 72–11 | Namibië | Groep C | 28 000 |
16 Oktober 1999 | 14:00 | Frankryk | 28–19 | Fidji | Groep C | 36 000 |
Rugbywêreldbeker 2007
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugbywêreldbeker 2007.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
12 September 2007 | 18:00 | Japan | 31–35 | Fidji | Groep B | 34 500 |
16 September 2007 | 21:00 | Frankryk | 87–10 | Namibië | Groep D | 35 339 |
25 September 2007 | 20:00 | Roemenië | 14–10 | Portugal | Groep C | 35 526 |
29 September 2007 | 13:00 | Nieu-Seeland | 85–8 | Roemenië | Groep C | 35 608 |
Europese Sokkerkampioenskap 2016
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Europese Sokkerkampioenskap 2016.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
13 Junie 2016 | 15:00 | Spanje | 1–0 | Tsjeggië | Groep D | 29 400 |
17 Junie 2016 | 15:00 | Italië | 1–0 | Swede | Groep E | 29 600 |
20 Junie 2016 | 21:00 | Rusland | 0–3 | Wallis | Groep B | 28 840 |
26 Junie 2016 | 21:00 | Hongarye | 0–4 | België | Agtste eindrondte | 38 921 |
Rugbywêreldbeker 2023
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugbywêreldbeker 2023.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
10 September 2023 | 13:00 | Japan | 42–12 | Chili | Groep D | 30 187 |
15 September 2023 | 21:00 | Nieu-Seeland | 3–71 | Namibië | Groep A | 31 996 |
23 September 2023 | 14:00 | Georgië | 18–18 | Portugal | Groep C | 31 889 |
28 September 2023 | 21:00 | Japan | 28–22 | Samoa | Groep D | 30 187 |
8 Oktober 2023 | 21:00 | Fidji | 23–24 | Portugal | Groep C | 32 223 |
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Stadium (Toulouse). |
- (en) Worldstadiums.com inskrywing Geargiveer 28 Oktober 2008 op Wayback Machine