Stadion
'n Moderne stadion is 'n plek waar sport beoefen of konserte of ander geleenthede aangebied word. 'n Stadion bestaan oor die algemeen uit 'n plat oppervlak omring deur 'n struktuur wat ontwerp is om toeskouers te laat sit of staan.
![](../I/Finale_Coupe_de_France_2010-2011_(Lille_LOSC_vs_Paris_SG_PSG).jpg.webp)
Die Stade de France in Parys
![](../I/Croke_Park_from_the_Hill_-_2004_All-Ireland_Football_Championship_Final.jpg.webp)
Die Croke Park-stadion in Dublin, Ierland.
Stadions het reeds in die antieke Griekse tye bestaan waar dit tydens die oorspronklike Olimpiese Spele gebruik is.
In stede word stadions soms betaal om 'n produk se naam by die stadion se naam te voeg. 'n Voorbeeld hiervan is Loftus Versfeld wat op 'n tyd al as Securicor Loftus Versfeld en Minolta Loftus bekend gestaan het.
Sien ook
Voorbeelde van groot stadions in Suid-Afrika:
- Ellispark-stadion in Johannesburg, Suid-Afrika
- Nuwelandstadion in Kaapstad, Suid-Afrika
- Vodacompark in Bloemfontein, Suid-Afrika
- Volledige lys van stadions in Suid-Afrika.
Voorbeelde van groot internasionale stadions:
- Stade de France naby Parys in Frankryk.
- Beijing Nasionale Stadion in Beijing, China.
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Stadions. |
- (en) Wêreldstadions Geargiveer 16 Maart 2006 op Wayback Machine
- (en) Stadion-gids
- (de) Stadionwelt
- (de) Stadioncheck
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.