Stade de la Beaujoire

Die Stade de la Beaujoire - Louis Fonteneau (Frans: ​[stad də la boˈʒwaʁ]), meer bekend as La Beaujoire, is 'n stadion in Nantes, Frankryk. Dit is die tuiste van die sokkerklub FC Nantes. In September 2007 het dit drie groepwedstryde van die Rugbywêreldbeker 2007 aangebied. Dit is ook tydens die Rugbywêreldbeker 2023 vir vier groepwedstryde gebruik.

Wedstryd tussen Kanada en Wallis tydens die Rugbywêreldbeker 2007
Stade de la Beaujoire
Die Stade de la Beaujoire tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

Bynaam La Beaujoire
Volle naam Stade de la Beaujoire - Louis Fonteneau
Ligging Route de Saint Joseph 44300, Nantes, Frankryk
Koördinate 47°15′20″N 1°31′31″W
Eienaar Nantes Métropole
Kapasiteit 37 473
Oppervlak Gras
Konstruksie
Geopen 8 Mei 1984
Huurders
FC Nantes

Die stadion is op 8 Mei 1984 ingehuldig met 'n vriendskaplike wedstryd tussen FC Nantes en Roemenië. Dit is genoem na Louis Fonteneau wat president van FC Nantes was tussen 1969 en 1986. Die stadion is in 1998 vir die Sokker-Wêreldbeker opgeknap. Terwyl die oorspronklike kapasiteit 52 923 was, is alle staanplekke in 1998 in sitplekke omskep wat die kapasiteit na 38 285 verminder het. Voorheen het die klub by die Stade Marcel Saupin gespeel.

Die stadium word ook vir internasionale rugbywedstryde gebruik en is die stadion waar Frankryk die All Blacks op 15 November 1986 met 16–3 geklop het.

La Beaujoire is ook vir verskeie wedstryde van die Europese Sokkerkampioenskap 1984 gebruik, insluitend 'n 5–0 oorwinning deur Frankryk oor België. Ses wedstryde is ook by die stadion gespeel tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, insluitend die kwarteindstryd tussen Brasilië en Denemarke.

Die Franse nasionale sokkerspan het op sewe geleenthede daar gespeel, mees onlangs 'n vriendskaplike wedstryd teen Kameroen (3–2) in Mei 2016.

Wedstryde

Europese Sokkerkampioenskap 1984

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
16 Junie 198417:15Vlag van Frankryk Frankryk5–0Vlag van België BelgiëGroep A51 359
20 Junie 198420:30Vlag van Portugal Portugal1–0Vlag van Roemenië RoemeniëGroep B24 464

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
13 Junie 199814:30Vlag van Spanje Spanje2–3Vlag van Nigerië NigeriëGroep D35 500
16 Junie 199821:00Vlag van Brasilië Brasilië3–0Vlag van Marokko MarokkoGroep A35 500
20 Junie 199814:30Vlag van Japan Japan0–1Vlag van Kroasië KroasiëGroep H35 500
23 Junie 199816:00Vlag van Chili Chili1–1Vlag van Kameroen KameroenGroep B35 500
25 Junie 199821:00Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State0–1Vlag van Joego-Slawië Joego-SlawiëGroep F35 500
3 Julie 199821:00Vlag van Brasilië Brasilië3–2Vlag van Denemarke DenemarkeKwarteindrondte35 500

Rugbywêreldbeker 2007

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
9 September 200714:00Vlag van Wallis Wallis42–17Vlag van Kanada KanadaGroep B37 500
22 September 200716:00Vlag van Engeland Engeland44–22Vlag van Samoa SamoaGroep A37 022
29 September 200717:00Vlag van Wallis Wallis34–38Vlag van Fidji FidjiGroep B37 080

Rugbywêreldbeker 2023

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
16 September 202321:00Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland59–16Vlag van Tonga TongaGroep B31 673
30 September 202315:00Vlag van Argentinië Argentinië59–5Vlag van Chili ChiliGroep D33 963
7 Oktober 202315:00Vlag van Wallis Wallis43–19Vlag van Georgië GeorgiëGroep C33 580
8 Oktober 202313:00Vlag van Japan Japan27–29Vlag van Argentinië ArgentiniëGroep D31 794

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.