Stade Vélodrome

Die Stade Vélodrome (Frans: [stad velɔdʁom]) is 'n stadion in Marseille, Frankryk, met 67 394 sitplekke. Dit is die tuisveld van die voorste Franse sokkerspan Olympique de Marseille en het ook as 'n stadion vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 gedien. Dit is die grootste sokkerklubveld in Frankryk. Die stadion word ook gereeld deur die Franse nasionale rugbyspan gebruik.

Buiteaansig van die Stade Vélodrome
Die Stade Vélodrome se ingang
Stade Vélodrome

UEFA

Bynaam Le Vel'
Volle naam Stade Vélodrome
Ligging Marseille, Bouches-du-Rhône, Frankryk
Koördinate 43°16′11″N 5°23′45″O
Eienaar Stad Marseille
Kapasiteit 67 394
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 28 April 1935
Geopen 13 Junie 1937
Renovasie 1984, 1998, 2014
Boukoste €285 miljoen
Argitek Henri Ploquin
Huurders
Olympique de Marseille (1937–hede)
RC Toulon (sosiale wedstryde)

Die rekordbywoning vir 'n klubwedstryd by die Stade Vélodrome was 58 897 vir 'n UEFA-bekerhalfeindstryd teen Newcastle United FC in 2004. Die stadion het ook diens gedoen in 1938 toe die FIFA Sokkerwêreldbeker se eindrondte in Frankryk gehou is. Die eerste wedstryd wat in die stadion gespeel is, was tussen Marseille en Turyn in 1937. Die stadion is ook vir die Rugbywêreldbeker 2007 gebruik. In 2016 het die Stade Vélodrome die eerste stadion geword waar wedstryde tydens drie UEFA Europa-beker (1960, 1984 en 2016) aangebied is.

Die Franse rugbyspan het in die vroeë 2000s 'n indrukwekkende reeks oorwinnings in die stadion behaal. In November 2000 het hulle die All Blacks met 42–33 verslaan en in die jaar daarna het hulle die Wallabies met een punt geklop. In 2002 is een wedstryd weer in die stadion gespeel, met 'n oorwinning oor die Springbokke, wat gevolg is deur 'n oorwinning oor Engeland in 2003. Die geluklopie is in 2004 verbreek toe hulle 14–24 teen Argentinië verloor het. Die stadion is weer in November 2009 deur Frankryk gebruik toe hulle teen die Nieu-Seelandse All Blacks gespeel het. Dit is ook tydens die Rugbywêreldbeker 2023 vir wedstryde gebruik.

Wedstryde

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
5 Junie 193817:00Vlag van Italië Italië2–1 (e.t.)Vlag van Noorweë NoorweëEerste rondte19 000
16 Junie 193818:00Vlag van Italië Italië2–1Vlag van Brasilië BrasiliëHalfeindrondte33 000

Europese Sokkerkampioenskap 1960

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
6 Julie 196021:30Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye0–3Vlag van Sowjetunie SowjetunieHalfeindrondte25 184
9 Julie 196018:00Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye2–0Vlag van Frankryk FrankrykKlein finale9 438

Europese Sokkerkampioenskap 1984

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
17 Junie 198420:30Vlag van Portugal Portugal1–1Vlag van Spanje SpanjeGroep B24 364
23 Junie 198420:00Vlag van Frankryk Frankryk3–2 (e.t.)Vlag van Portugal PortugalHalfeindrondte54 848

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
12 Junie 199821:00Vlag van Frankryk Frankryk3–0Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaGroep C55 077
15 Junie 199814:30Vlag van Engeland Engeland2–0Vlag van Tunisië TunisiëGroep G54 587
20 Junie 199821:00Vlag van Nederland Nederland5–0Vlag van Suid-Korea Suid-KoreaGroep E55 000
23 Junie 199821:00Vlag van Brasilië Brasilië1–2Vlag van Noorweë NoorweëGroep A55 000
27 Junie 199816:30Vlag van Italië Italië1–0Vlag van Noorweë NoorweëAgtste eindrondte55 000
4 Julie 199816:30Vlag van Nederland Nederland2–1Vlag van Argentinië ArgentiniëKwarteindrondte55 000
7 Julie 199821:00Vlag van Brasilië Brasilië1–1 (4–2 straf.)Vlag van Nederland NederlandHalfeindrondte54 000

Rugbywêreldbeker 2007

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
8 September 200713:45Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland76–14Vlag van Italië ItaliëGroep C58 612
12 September 200720:00Vlag van Italië Italië24–18Vlag van Roemenië RoemeniëGroep C44 241
22 September 200721:00Vlag van Argentinië Argentinië63–3Vlag van Namibië NamibiëGroep D55 067
30 September 200715:00Vlag van Frankryk Frankryk64–7Vlag van Georgië GeorgiëGroep D58 695
6 Oktober 200715:00Vlag van Australië Australië10–12Vlag van Engeland EngelandKwarteindrondte59 102
7 Oktober 200715:00Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika37–20Vlag van Fidji FidjiKwarteindrondte55 943

Europese Sokkerkampioenskap 2016

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
11 Junie 201621:00Vlag van Engeland Engeland1–1Vlag van Rusland RuslandGroep B62 343
15 Junie 201621:00Vlag van Frankryk Frankryk2–0Vlag van Albanië AlbaniëGroep A63 670
18 Junie 201618:00Vlag van Ysland Ysland1–1Vlag van Hongarye HongaryeGroep F60 842
21 Junie 201618:00Vlag van Oekraïne Oekraïne0–1Vlag van Pole PoleGroep C58 874
30 Junie 201621:00Vlag van Pole Pole1–1 (3–5 straf.)Vlag van Portugal PortugalKwarteindrondte62 940
7 Julie 201621:00Vlag van Duitsland Duitsland0–2Vlag van Frankryk FrankrykHalfeindrondte64 078

Rugbywêreldbeker 2023

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
9 September 202321:00Vlag van Engeland Engeland27–10Vlag van Argentinië ArgentiniëGroep D63 118
10 September 202317:45Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika18–3Vlag van Skotland SkotlandGroep B63 586
21 September 202321:00Vlag van Frankryk Frankryk96–0Vlag van Namibië NamibiëGroep A63 486
1 Oktober 202321:00Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika49–18Vlag van Tonga TongaGroep B60 387
14 Oktober 202317:00Vlag van Wallis Wallis17–29Vlag van Argentinië ArgentiniëKwarteindrondte62 576
15 Oktober 202317:00Vlag van Engeland Engeland30–24Vlag van Fidji FidjiKwarteindrondte61 863

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.