Stade Félix-Bollaert

Die Stade Félix-Bollaert is 'n stadion in Lens, Frankryk, wat in 1932 gebou is. Dit is die tuisveld van die sokkerspan RC Lens. Die stadion se kapasiteit is 38 223 (meer as Lens se huidige bevolking van ongeveer 37 000). Die naam van die stadion is afkomstig van die direkteur van 'n plaaslike mynmaatskappy wat kort voor die inhuldiging van die stadion oorlede is. Die stadion is vir sommige van die wedstryde van die Europese Sokkerkampioenskap 1984, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, Rugbywêreldbeker 1999, Rugbywêreldbeker 2007 en Europese Sokkerkampioenskap 2016 gebruik.

Stade Félix-Bollaert
Ligging Lens, Frankryk
Koördinate 50°25′58″N 2°48′54″O
Eienaar Stad Lens
Kapasiteit 38 223
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 1932
Geopen 18 Junie 1933
Renovasie 1954, 1976, 1977, 1983, 1995–1997, 2014–2015
Huurders
RC Lens

Geskiedenis

Die stadion is gebruik vir die volgende groot internasionale toernooie:

Argitektuur

Die opgeknapte stadion

Bollaert is volgens die Engelse styl gebou met vier aparte pawiljoene wat onderskeidelik toegewy is aan:

  • Henri Trannin: boorling van Bully-les-Mines, doelwagter by die klub vir 18 jaar, sportdirekteur van Lens van 1952 tot 1956 wat in Julie 1974 oorlede is; dit is op 4 Desember 1976 aan hom opgedra
  • Tony Marek, oudspeler en afrigter, internasionale speler in die 1950's
  • Élie Delacourt, voormalige ondersteunersgreop president;
  • Max Lepagnot, oudpresident van die distrik Artois.

Al die plekke in die stadion is sitplekke, meeste ondersteuners in die Marek-pawiljoen staan egter eerder aangesien dit as die "kop" beskou word. Dit is algemene gebruik in stadions waar die "geharde" ondersteuners agter die doelhokke sit.

Wedstryde

Europese Sokkerkampioenskap 1984

Hoofartikel: Europese Sokkerkampioenskap 1984.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
13 Junie 198420:30Vlag van België België2–0Vlag van Joego-Slawië Joego-SlawiëGroep A41 774
17 Junie 198417:15Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland2–1Vlag van Roemenië RoemeniëGroep B31 787

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
12 Junie 199817:30Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië0–1Vlag van Denemarke DenemarkeGroep C38 100
14 Junie 199821:00Vlag van Jamaika Jamaika1–3Vlag van Kroasië KroasiëGroep H38 100
21 Junie 199814:30Vlag van Duitsland Duitsland2–2Vlag van Joego-Slawië Joego-SlawiëGroep F38 100
24 Junie 199821:00Vlag van Spanje Spanje6–1Vlag van Bulgarye BulgaryeGroep D38 100
26 Junie 199821:00Vlag van Colombia Colombia0–2Vlag van Engeland EngelandGroep G38 100
28 Junie 199816:30Vlag van Frankryk Frankryk1–0 (e.t.)Vlag van Paraguay ParaguayAgtste eindrondte31 800

Rugbywêreldbeker 1999

Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 1999.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
20 Oktober 199920:30Vlag van Argentinië Argentinië28–24Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  IerlandUitspeelronde22 000

Rugbywêreldbeker 2007

Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2007.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
8 September 200718:00Vlag van Engeland Engeland28–10Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateGroep A36 755
22 September 200714:00Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika30–25Vlag van Tonga TongaGroep A40 069
26 September 200718:00Vlag van Georgië Georgië30–0Vlag van Namibië NamibiëGroep D32 549

Europese Sokkerkampioenskap 2016

Hoofartikel: Europese Sokkerkampioenskap 2016.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
11 Junie 201615:00Vlag van Albanië Albanië0–1Vlag van Switserland SwitserlandGroep A33 805
16 Junie 201615:00Vlag van Engeland Engeland2–1Vlag van Wallis WallisGroep B34 033
21 Junie 201621:00Flag of the Czech Republic Tsjeggië0–2Vlag van Turkye TurkyeGroep D32 836
25 Junie 201621:00Vlag van Kroasië Kroasië0–1 (e.t.)Vlag van Portugal PortugalAgtste eindrondte33 523

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.