Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit

Tshwane is vanaf 5 Desember 2000 'n metropolitaanse gebied in Gautengprovinsie, Suid-Afrika, wat die stad Pretoria insluit.

Suid-Afrika Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit
Kaart van Suid-Afrika wat Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit in Gauteng aandui
Provinsie Gauteng
Tipe Metropolitaanse Munisipaliteit
Munisipale kode TSH
Plaaslike munisipaliteite Geen
Hoofstad Pretoria
Burgemeester Vakant
Grootste tale Afrikaans, Engels, Noord-Sotho, Tswana, Tsonga
Oppervlakte 6 298 km²
Bevolking 2 921 488 (2011)

Dit bestaan uit 13 voormalige stads- en dorpsrade, en word bestuur deur 'n besturendeburgemeesterstelsel. Die munisipale gebied beslaan 6 298 km2, en het 'n bevolking van nagenoeg 2,364 miljoen mense.

Die naam is afkomstig van die oorspronklike naam wat deur die eerste Ngunisprekende nedersetters (wat later as die Ndebele bekend was) aan die rivier gegee is wat deur die area vloei. Hulle het dit vernoem na een van hulle stamhoofde, Tshwane, vanaf die Ndebelewoord vir "klein aap".

Die naam Tshwane word soms ook gebruik as 'n alternatiewe naam vir die stad Pretoria self, alhoewel Pretoria nog nie teen 2017 hernoem is nie.

Areas

Tshwane bestaan uit die volgende areas:

  • Ga-Rankuwa (Gestig in 1961 na geforseerde verskuiwings binne die area. Dit is vernoem na een van die Bakgatla hoofmanne, Rankuwa Boikhutso.)
  • Centurion (voorheen Verwoerdburg), insluitend Laudium en Olievenhoutbosch.
  • Temba (Gestig in 1940 na gedwonge verskuiwings.)
  • Mabopane (Gestig in 1969.)
  • Winterveld
  • Die gebied van die Noordelike Pretoria Metropolitaanse Substruktuur. Hierdie gebied sluit die nywerheidsgebied bekend as Rosslyn in, Akasia, sowel as die township Soshanguve, wat gestig is om nie-Tswana-sprekende mense te huisves ná Bophuthatswana 'n onafhanklike tuisland geword het. (Soshanguve is 'n nuutskepping wat die township se uiteenlopende karakter weerspieël: Sotho, Shangaan, Nguni (Swazi, Zulu, Xhosa) en Venda.)
  • Pretoria
  • Pienaarsrivier (Hierdie is die kleinste van Tshwane se voormalige rade.)
  • Krokodilrivier (Hierdie gebied strek van Rosslyn/Ga-Rankuwa in die noorde tot by Lanseria in die suide, en van die westelike kant van Pretoria na die Hartbeespoortdam.)
  • Die gebied was voorheen bekend as die Greater Pretoria Metropolitan Council. Hierdie raad was een van die vier plaaslike owerhede in Gauteng, en het bestaan uit drie plaaslike rade: die Stadsraad van Pretoria, die Raad van Centurion en die Noordelike Pretoria Metropolitaanse Substruktuur.
  • Cullinan en Rayton
  • Wallmannsthal
  • Hammanskraal

Setels

Party2000200620112016[1]
African National Congress868711889
Demokratiese Alliansie54478293
Ekonomiese Vryheidsvegters---25
Vryheidsfront Plus0744
Afrika Christen Demokratiese Party3311
Pan Africanist Congress of Azania2211
Vision 2000+2000
United Christian Democratic Party1100
Inkatha-Vryheidsparty1100
Azanian People's Organisation0110
Congress of the People0021
Onafhanklik1000
United Democratic Movement1000
ASCORA1000
Onafhanklike Demokrate0100
African Christian Alliance0100
Christen Demokratiese Party0100
Christen Protestante Party van Suider-Afrika0000
African People's Convention0000

Verwysings

  1. (en) "Seat Calculation Detail: Local Government Election 2016: Gauteng: TSH – Tshwane Metro" (PDF). Independent Electoral Commission. 11 Augustus 2016. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2019. Besoek op 12 April 2018.

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.