Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek

Die Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) was die belangrikste administratiewe beampte van daardie republiek, amptelik bekend as die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR).

Lys van staatsekretarisse van die Zuid-Afrikaansche Republiek

PersoonAmpstermynOpmerking
Willem Bok188010 Januarie 18891ste Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek
Willem Johannes Leyds10 Januarie 1889 - 31 Mei 18982de Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek
Cornelis van Boeschoten(April–Julie 1897)Waarnemend Staatsekretaris vir Willem Johannes Leyds tydens sy uitgebreide besoek aan Europa [1]
Francis William Reitz31 Mei 189831 Mei 19023de Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek. In die lig van die agteruitgang van die betrekkinge met die Britte, is besluit dat dit polities beter sou wees om 'n Afrikaner as Staatsekretaris te hê as 'n Nederlander, en daarom word Reitz in die pos aangestel. Leyds het as gesant van die ZAR na Europa vertrek, 'n posisie wat hy tot aan die einde van die oorlog beklee het.

Verwysings

  1. Marais 1961, p. 152.

Bronne

  • Marais, J. C. (1961). The Fall of Kruger's Republic. Oxford: Clarendon Press. OCLC 879210343.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.