Staat van Hatay

Die Staat van Hatay (Turks: Hatay Devleti, Frans: État du Hatay, Arabies: دولة خطاي‎ Dawlat Hatay), ook bekend as die Republiek van Hatay, was ‘n kortstondige politieke entiteit wat tussen 7 September 1938 en 29 Junie 1939 in die gebied van die Sandjak van Alexandretta in die Franse Mandaat van Sirië bestaan het, waarna die wetgewende vergadering gestem het om dit by Turkye te voeg. Die staat is de jure op 7 Julie 1939 in die Hatay-provinsie verander en is de facto op 23 Julie 1939 met Turkye verenig.

Hatay Devleti
État du Hatay
دولة خطاي

Staat van Hatay
1938-1939


Vlag

Volkslied: İstiklâl Marşı
(Turks vir: "Onafhanklikheidsmars")
Ligging of Hatay
Hoofstad Antakya
36°12′N 36°9′O
Taal/Tale Turks (amptelik), Frans (tweede), Arabies
Regering Republiek
President Tayfur Sökmen
Eerste Minister Abdurrahman Melek
Historiese tydperk Tussen-oorlogse tydperk
 - Onafhanklikheid7 September 1938
 - Unie met Turkye29 Junie 1939
Oppervlakte
 - 19384 700 km2
1 815 sq mi
Bevolking
 - 1938 skatting234 379 
     Digtheid49,9 /km² 
129,2 /sq mi
Geldeenheid Turkse lira
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.