St. Andrew-kollege

St Andrew-kollege is 'n privaatskool vir seuns in Grahamstad, Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit bied klasse aan sowel koshuisinwoners as dagleerders. Dit is 'n prima Anglikaanse losiesskool en het 450 leerders van dwarsoor die wêreld. Die skool is 'n lid van die G20-skolegroep. Die skool staan in noue verhouding tot die St. Andrew's Preparatory School, en sy susterskool, die Diocesan School for Girls (DSG).

St. Andrew-kollege
Leuse Nec Aspera Terrent
Gestig 1855
Tipe Privaatskool, kosskool
Hoof Paul Edey
Leerlinge 450 seuns
Grade 8 – 12
Stad Grahamstad
Provinsie Oos-Kaap
Land Suid-Afrika
Kleure Blou en wit
Webblad www.sacschool.com

Skoolhoofde

St. Andrew-kollege se 18de en huidige hoof, Paul Edey.
St. Andrew-kollege se kloktoring
Die skool se kapel.
  • Ds F. Bankes (1855–1859)
  • Ds F.Y. St. Leger (1859–1862)
  • Ds G.E. Cotterill (1863–1865)
  • Ds Langford S. Browne (1865–1875)
  • Ds G. Gould Ross (1875–1881)
  • Ds Canon John Espin (1882–1902)
  • Ds W. S. Macgowan (1902–1908)
  • Ds Percy W.H. Kettlewell (1909–1933)
  • Ds C.B. Armstrong (1934–1938)
  • Dr Ronald F. Currey (Universiteit van Oxford) (1939–1955)
  • Freddie Spencer Chapman (1956–1962)
  • J.L. Cawse (1962–1964)
  • Ds John Aubrey (1965–1971)
  • Eric Norton (1972–1980)
  • Arthur F.G. Cotton (1981–1993)
  • Antony Roy Clark (1994–2002)
  • David B. Wylde (Universiteit van Oxford) (2003–2008)
  • Paul A. Edey (2009–hede)

Noemenswaardige oud-St. Andrew-leerders (matriekjaar)

  • Thomas Gubb, internasionale rugbyspeler van die Britse en Ierse Leeus (1926)
  • Michael Edwardes (1947), Belangrike sakepersoonlikheid
  • Duane Hudson, Britse intelligensiebeampte
  • Ryan Kankowski, Springbokrugbyspeler
  • Nick Mallett, Springbokrugbyspeler en -afrigter
  • Bongani Ndodana-Breen, musikant en musiekskrywer
  • Lewis Gordon Pugh, swemmer en omgewingsbewuste
  • Ian Roberts, akteur, toneelskrywer, liedjieskrywer en sanger
  • Bevil Rudd, Olimpiese goue medaljewenner in die 440 treë (Olimpiese Somerspele 1920 in Antwerpen)
  • James Thompson, Olimpiese goue medaljewenner in roei – Olimpiese Somerspele 2012 in Londen.
  • Basil Schonland (1910), Geofisika- en kernwetenskaplike en uitvinder van radar.
  • Peter van der Merwe, Suid-Afrikaanse krieketkaptein in 1965–1967
  • James Henry Greathead, ingenieur bekend vir sy werk aan die Londense moltrein.
  • Brigadier Sir Miles Hunt-Davis, KCVO, CBE, Privaatsekretaris van Sy Koninklike Hoogheid, die Hertog van Edinburgh.
  • Graham Mackay, voorsitter van SABMiller plc
  • Randolph Vigne, skrywer en politieke aktivis
  • Sir Stanley Rees (1926). Regter van die Hooggeregshof in Engeland
  • John 'Kim' Bailie (1947), ruimtevaartingenieur
  • Mark Patterson, Stigter van MatlinPatterson Global Advisors
  • Samuel Cronwright, politikus en biograaf van sy vrou Olive Schreiner

Militêr

Verwysings

  1. Gale, William Daniel (1974). History of Coghlan, Welsh and Guest. p. 16.
  2. Edmund Burke, (1917), Annual Register, page 171, (Rivingtons)
  3. Ronald Fairbridge Currey, (1955), St. Andrew's College, Grahamstown, 1855–1955, page 117, (Blackwell)

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.