Spraaksintese
Spraaksintese verwys na die kunsmatige produksie van menslike spraak, beide in die tegniese sin waar verwys word na die fisiese generasie van spraakseine, sowel as die breër onderwerp (wat onder andere volledige teks-na-spraakstelsels insluit). Hierdie artikel handel oor die breër onderwerp.
Teks-na-spraakstelsels
Teks-na-spraakstelsels (text-to-speech oftewel TTS in Engels) bestaan uit twee komponente, eerstens 'n komponent wat verantwoordelik is vir die ontleding van teks (teksanalise komponent) en tweedens 'n komponent wat die sintese van oudio seine wat spraak voorstel moontlik maak (seinverwerking of spraakseinsintese komponent).
Verwysings
- T. Dutoit. An introduction to text-to-speech synthesis. Springer Netherlands. 1997. ISBN 0-7923-4498-7
Eksterne skakels
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir spraaksintese.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.