Sportvriende Siegen
Sportvriende Siegen is 'n Duitse sokkerklub uit die stad Siegen in Noord-Rynland-Wesfale.
Volledige naam | Sportfreunde Siegen von 1899 e.V. |
Stigtingsdatum | 1899 |
Tuisveld | Leimbachstadion, Siegen |
Kapasiteit | 18 500 |
Kompetisie | Oberliga Westfalen |
Die sportklub TV Jahn Siegen is in 1879 gestig en in 1899 het die klub 'n sokkerafdeling, FC Jahn Siegen, gekry. In 1920 het die klub vir die 3de keer deelgeneem aan die eindronde om die Duitse kampioenskap en die kwarteindronde gehaal. In 1923 het die klub met Sportverein 07 Siegen saamgesmelt en sy huidige naam aangeneem.
In die 2005/06-seisoen het Siegen die eerste keer ooit in die 2. Bundesliga meegeding, maar het laaste geëindig en is weer gerelegeer.
Die klub het 'n baie suksesvolle vroue-sokkerafdeling gehad (wat in 1997 deur TSV Siegen oorgeneem is) wat in die vroeë 1990’s een van die sterkstes in Duitsland was.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
Regionalliga Wes 2013/14-seisoen | |
Alemannia Aken, VfL Bochum II, Fortuna Düsseldorf II, SC Rooiwit Essen, 1. FC Keulen II, SC Fortuna Keulen, FC Viktoria Keulen, Bayer 04 Leverkusen II, SV Lippstadt 08, Sportvriende Lotte, VfL Borussia Mönchengladbach II, SC Rooiwit Oberhausen, FC Schalke 04 II, Sportvriende Siegen, KFC Uerdingen 05, SSVg Velbert, SC Verl, SG Wattenscheid 09, SC Wiedenbrück 2000 | |