Spoetnik 6
Spoetnik 6, Korabl-Spoetnik 3 (Russies: Корабль-Спутник-3 of Skipsatelliet-3) of Wostok-1K No. 3 was ’n Sowjet-ruimtetuig wat in 1960 gelanseer is. Dit was ’n toetsvlug vir die Wostok-ruimtetuig en het twee honde bevat, Ptsjolka en Moesjka (die Russiese verkleinwoorde van "by" en "vlieg" onderskeidelik), sowel as ’n televisiekamera en wetenskapinstrumente.
Spoetnik 6 is op 1 Desember 1960 van Terrein No. 1 by die 5de Tjoeratam-lanseersentrum (nou Baikonoer) in die Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek gelanseer vooraan ’n Wostok-L-lanseervuurpyl.[1] Dit is in ’n lae wentelbaan om die aarde geplaas. Die vlug het ’n dag geduur, waarna dit op 2 Desember weens ’n tegniese fout in die atmosfeer gedisintegreer het.[2]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Spoetnik. |
Verwysings
- McDowell, Jonathan. "Launch Log". Jonathan's Space Page. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2019. Besoek op 27 Julie 2010.
- Wade, Mark. "Vostok" (in Engels). Encyclopedia Astronautica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2017. Besoek op 27 Julie 2010.
Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia
Spoetnik-program | ||
|