Spitsbergen
Spitsbergen is die grootste eiland van die Noorse eilandgroep Svalbard met 'n oppervlakte van 39 044 km² en 'n bevolking van 2 698.[2] Dit is ook die grootste eiland van Noorweë, die wêreld se 36ste grootste eiland en die enigste een van die argipel, wat permanent bewoon is. Die eiland vorm die westelike deel van die argipel en grens aan die Arktiese Oseaan in die noorde, aan die Groenlandsee in die weste en aan die Noorse See in die suide.
Spitsbergen | |
---|---|
Die Suidkus van die eiland Spitsbergen | |
Geografie | |
Ligging | Noordelike Atlantiese Oseaan |
Koördinate | 78°45′N 16°00′O |
Argipel | Svalbard
|
Oppervlakte | 39 044 vk km |
Hoogste punt | Newtontoppen 1 713 m |
Administrasie | |
Noorweë | |
Provinsie | Svalbard |
Sysselmann van Svalbard | Odd Olsen Ingerø (2009-) |
Hoofstad | Longyearbyen |
Grootste stad | Longyearbyen (2 932 (2011)[1])
|
Demografie | |
Bevolking | 2 698
|
Totdat die Spitsbergenverdrag in 1920 onderteken is, is die hele argipel in Noors Spitsbergen of Westspitsbergen genoem en sedertdien is die amptelike naam daarvan Svalbard.
Die hoofstad en grootste stad is Longyearbyen en die hoogste bergspits is die Newtontoppen met 'n hoogte van 1 1713 m.[3]
Nedersettings
- Barentsburg (Russiese mynbou- en toerisme-nedersetting)
- Grumant (verlate mynbou-nedersetting)
- Longyearbyen (hoofstad)
- Ny-Ålesund (navorsingstasie)
- Ny-London (verlaat)
- Pyramiden (verlaat na 1998)
- Smeerenburg (op die aflandige Amsterdam-eiland, verlaat na 1660)
- Svea (mynbou-stasie)
Verwysings
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Spitsbergen.
- (en) "Populasie in die nedersettings. Svalbard". Statistieke Noorweë. 22 Oktober 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 24 Maart 2010.
- Even Høydahl, Øivind Rustad (24 September 2013). "Population of Svalbard, 1 July 2013" (in Engels). Statistics Norway's Information Centre. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2019. Besoek op 30 Julie 2014.
- (en) peakbagger.com: Newtontoppen, Svalbard
- Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.