Spinosauridae
Spinosauridae is ’n familie gespesialiseerde teropode-dinosourusse. Hulle was groot, tweevoetige roofdiere met lang, krokodilagtige skedels. Die voortande was uitgesprei en dit het die dier ’n kenmerkende voorkoms gegee. Die naam verwys na die tipiese seilstruktuur op die rug van die spesie Spinosaurus. Die doel van die seil is onseker; dit kon gewees het om hitte te reguleer, vyande af te skrik of as vertoon met die soek van ’n maat.
Spinosauridae | |
---|---|
’n Gerekonstrueerde skelet van Spinosaurus aegyptiacus. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | Spinosauridae (Stromer, 1915) |
Spinosauridae | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||
| ||||||||||||
Fossiele is in Afrika, Europa, Suid-Amerika, Asië,[1] en Australië ontdek.[2]
Klassifikasie
- Superfamilie Megalosauroidea
- Familie Spinosauridae
- Ostafrikasaurus crassiserratus
- Siamosaurus suteethorni
- "Sinopliosaurus fusuiensis" (onseker)
- "Australian spinosaur" (onseker)
- Subfamilie Baryonychinae
- Baryonyx walkeri
- Cristatusaurus lapparenti
- Ichthyovenator laosensis
- Suchomimus tenerensis
- Suchosaurus cultridens
- Subfamilie Spinosaurinae
- Irritator challengeri
- Oxalaia quilombensis
- Spinosaurus aegyptiacus
- Familie Spinosauridae
Verwysings
- Milner, A., Buffetaut, E., Suteethorn, V. (2007): A tall–spined spinosaurid theropod from Thailand and the biogeography of spinosaurs. Journal of Vertebrate Paleontology 27: 118A.
- Barrett, P.M., Benson, R.B.J, Rich, T.H., and Vickers-Rich, P. (2011). "First spinosaurid dinosaur from Australia and the cosmopolitanism of Cretaceous dinosaur faunas." Biology Letters online preprint doi:10.1098/rsbl.2011.0466
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.