Spinnerhaai

Die spinnerhaai (Carcharhinus brevipinna) is 'n haai wat aan die ooskus van Suid-Afrika voorkom. In die somer maande kan dit sover suid as Port Elizabeth gaan. In Engels staan die haai bekend as die Spinner shark.

Spinnerhaai
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Carcharhinus
Spesie:
C. brevipinna
Binomiale naam
Carcharhinus brevipinna
(J. P. Müller & Henle, 1839)
Verspreiding
Sinonieme

Aprionodon caparti Poll, 1951
Carcharhinus johnsoni Smith, 1951
Carcharias brevipinna Müller & Henle, 1839
Isogomphodon maculipinnis Poey, 1865
Longmania calamaria Whitley, 1944
Uranga nasuta Whitley, 1943

Voorkoms

'n Kenmerk van die haai is die swart op die punte van die haai se vinne behalwe die bekken vinne. Hulle word tot 1.8 m lank. Hulle leef op of naby die oppervlak van die water en gaan selde dieper as 75 m en jag in groepe saam. Die volwasse haaie het 'n bronserige grys kleur.

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Verwysings

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.