Spinel

Spinel is 'n mineraal met chemiese formule Mg2+Al3+2O4.

Spinel
 
Rooi spinel op kalsiet 
OnsuiwerhedeTi, Fe, Zn, Mn, Ca  
Kleurswart, blou, rooi, pers, pienk 
Streepgryswit 
Glansglaserig tot dof 
Hardheid7,5 – 8 (Mohs) 
Kristalsisteemkubies 
RuimtegroepFd3m 
Strukturbericht-kodeH1 
Nommer227 
Eenheidsela = 8.0898(9) Å[1] 
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Struktuur

Die mineraal het 'n kubiese kristalstruktuur wat die argetipe is vir die strukturbericht-klassifikasie se H11-struktuur. Hierdie struktuurtipe word gewoonlik die spinel-struktuur genoem en daar is talle minerale met 'n algemene formule M(II)M(III)2O4 wat hierdie struktuur het. Daar is ook sulfiede wat dié struktuur besit. Hulle word tiospinelle genoem.

Die spinelstruktuur is afgelei van die kubiese digpakking. Dit is 'n 2x2x2 superstruktuur van die kubiese digpakking se eenheidsel met Z=8 formule-eenhede in die sel. Daar is daardeur 8*4= 32 suurstofatome in die supersel. Daar is ook 8*4=32 oktaëdriese interstisiële holtes en 8*8=64 tetraëdriese holtes. Die divalente Mg2+-ione beset 1/8 van die tetraëdriese holtes en die trivalente Al3+ ione beset 1/2 van die oktaëdriese holtes. Daar is egter ander minerale wat 'n spinel-struktuur het soos magnetiet waar dit anders is. In magnetiet beset die divalente ione saam met die helfte van die trivalente ione die oktaëderholtes, terwyl die ander helfte van die trivalente ione beset word. Dit word die omgekeerde spinelstruktuur genoem.

Verwysings

  1. "mindat 3729" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.