Spes Bona

Spes Bona is ’n voorstad van Johannesburg, sowat 3 km oossuidoos van die stadsaal.

Op dié straatplan van 1929 kan gesien word presies hoe klein Spes Bona (in die middel verlig) is.
Spes Bona
Spes Bona is in Gauteng
Spes Bona
Spes Bona
 Spes Bona se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°12′29″S 28°04′19″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Johannesburg
HoofplekJohannesburg
Stigting1896
Oppervlak
  Totaal0,027 km2 (0,010 vk. myl)
Poskode (strate)
2094

Die voorstadjie beslaan net sowat 0,027 km². In die weste, oorkant Castlestraat, grens dit aan Wolhuter, in die noorde, oorkant Hanaustraat, aan Jeppestown, in die ooste, oorkant Bergstraat, aan Jeppestown-Suid, en in die suide, oorkant die spoorlyn, aan Benrose. Spes Bona moes kort ná die middel van die 20ste eeu sy residensiële karakter verloor het, te oordeel na die munisipale kieserslys vir enkele jare. In 1934 was hier nog 50 Afrikaanse en 56 Engelse kiesers en in 1949 26 en ses, maar teen 1961 het net vier Afrikaans- en twee Engelssprekende kiesers oorgebly.

Spes Bona is aangelê op ’n gedeelte van die plaas Doornfontein. Dis gestig in 1896 en het in 1897 deel van die Johannesburgse munisipaliteit geword. Die naam is Latyn vir "goeie hoop" en is ontleen aan die ou Spes Bona-goudmyn.

Bronne

  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers
  • (af) Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.