Spekulatiewe fiksie

Spekulatiewe fiksie (of fantastiese fiksie) is 'n literêre sambreelterm vir narratiewe fiksie met bonatuurlike of futuristiese elemente. Alhoewel daar in vakkringe geen gevestigde definisie van spekulatiewe literatuur bestaan nie, word genres of subgenres soos wetenskapsfiksie, fantasieliteratuur, superheldefiksie, wetenskapsfantasie, gruwelfiksie, utopiese en distopiese fiksie en bonatuurlike fiksie (of kombinasies daarvan) dikwels hierby ingesluit.

Genres van spekulatiewe literatuur

Spekulatiewwe fiksie bevat een of meer elemente van die volgende letterkundige genres:

Genre Beskrywing Voorbeelde
FantasieliteratuurBevat elemente wat uit bepaalde kulturele kontekste van die menslike verbeelding ontleen is, soos mitologiese wesens (drake, elwe en ander); magie en magiese elemente (towerkuns en wonderwerking). Speel dikwels in 'n omgewing en tydperk af wat ooreenkomste toon met reële historiese periodes soos die MiddeleeueThe Lord of the Rings, Harry Potter, A Song of Ice and Fire (Game of Thrones), The Chronicles of Narnia
WetenskapsfiksieNatuurwetenskappe en tegnologie, wat in die werklike lewe nog nie bestaan nie, maar moontlik in die nabye of verre toekoms, staan sentraal in hierdie genre - soos robotte, interstellêre reise, buiteaardse beskawings2001: A Space Odyssey, The Left Hand of Darkness, Blade Runner, Jurassic Park, Planet of the Apes, Star Trek, Star Wars
GruwelfiksieToon baie ooreenkomste met fantasieliteratuur, maar fokus op skrikwekkende, bose en dikwels magtige wesens soos monsters en spoke. Sodoende probeer dit vrese by die leser of kyker wekA Nightmare on Elm Street, The Exorcist, Rosemary's Baby, Books of Blood, The Hellbound Heart
Utopiese fiksieSpeel in 'n gevorderde ideale samelewing afAldous Huxley se Island, Ecotopia, 17776
Distopiese fiksieSpeel in 'n samelewing af wat die verkeerde pad gevolg het - in 'n sisteem waar die staat volledige kontrole het op die alledaagse lewe van mense; wat deur anargie en geweldpleging gepla word; waar breinspoeling toegepas word of ander vorme van onderdrukking1984, Brave New World, Brazil, The Handmaid's Tale, Fahrenheit 451
Alternatiewe geskiedenisFokus op historiese gebeure asof dit 'n alternatiewe pad sou gevolg het - en die implikasies daarvan vir die teenswoordige tydThe Man In The High Castle, Fatherland, The Tales of Alvin Maker
Apokaliptiese fiksieSpeel af voor en tydens 'n wêreldwye ramp van ongekende omvangThe Day After Tomorrow, 2012, On The Beach, Threads
Post-apokaliptiese fiksieFokus op groepe van oorlewendes ná 'n groot ramp (met meestal wêreldwye dimensies)The Memoirs of a Survivor, Waterworld, Metro 2033, The Stand, Fallout, Mad Max
SuperheldefiksieFokus op superhelde (met bomenslike sintuie en magte) en hul stryd teen bose magte wat as superskurke gepersonifiseer word. Word dikwels verbind met elemente wat aan wetenskapsfiksie en/of fantasieliteratuur ontleen is en mag as 'n subgenre van dié twee letterkundige genres beskou wordMarvel en DC-strokiesprente
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.