Wolbos
Die Wolbos (Spatalla confusa) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Spatalla behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit in die Sederberg tot by die Hottentots Hollandberge, Swartberg en Kammanassieberge voorkom.
Wolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Spatalla |
Spesie: | S. confusa |
Binomiale naam | |
Spatalla confusa (E.Phillips) Rourke, (1969) | |
Sinonieme | |
|
Die struik word 1,0 m hoog, neig om te sprei en blom hoofsaaklik van November tot Desember. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in rotsskeure op die kruine op hoogtes van 1350 - 2300 m.
In Engels staan die struik as die Long-tube spoon bekend.
Galery
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.