Sparaxis elegans

Die spogfluweeltjie (Sparaxis elegans) is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Sparaxis behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die Bokkeveldberge-plato en die Koebee-vallei voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 538 km2 en daar is twaalf sub populasies waarvan sommige gefragmenteer is. Die plant het 50% van sy habitat rondom Nieuwoudtville afgestaan aan gewasverbouing en indringerplante.

Spogfluweeltjie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Monocots
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Crocoideae
Tribus:
Croceae
Genus:
Spesie:
S. elegans
Binomiale naam
Sparaxis elegans
(Sweet) Goldblatt, (1969)
Sinonieme
  • Sparaxis cuprea (Sweet) Klatt
  • Streptanthera cuprea Sweet
  • Streptanthera cuprea var. non-picta L.Bolus
  • Streptanthera elegans Sweet

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.