Spanjaarde

Die Spanjaarde (Spaans: españoles, [espaˈɲoles]) is die staatsvolk van Spanje, bestaande uit verskillende etniese groepe. Naas die Spaanse vastelandse gedeelte van die Iberiese Skiereiland bewoon hulle omliggende eilande soos die Baleariese en die Kanariese Eilande. Hulle deel 'n gemeenskaplike kultuur, afkoms en praat Spaans of 'n ander Romaanse taal of Baskies as moedertaal. Spanjaarde vorm die titulêre nasie van Spanje, waar hulle 88% van die bevolking uitmaak, terwyl volgens die wetlike sin die hele bevolking van Spanje Spanjaarde is, alhoewel Baske en Katalane hul eie nasionale identiteit as etniese en taalgroepe handhaaf.

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Spaans.
Spanjaarde

Totale bevolking: ca. 50 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Spanje Spanje 41,5 miljoen[1]

Vlag van Argentinië Argentinië 500 000[2][3]
Vlag van Frankryk Frankryk 340 000[2][3]
Vlag van Venezuela Venezuela 245 000[2][3]
Vlag van Duitsland Duitsland 210 000[3][4][5]
Vlag van Brasilië Brasilië 150 000[2][3]
Vlag van Switserland Switserland 150 000[2][3]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 150 000[2][3]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 136 000[2][3]
Vlag van Meksiko Meksiko 125 000[2][3]
Vlag van Kuba Kuba 110 000[2][3]
Vlag van België België 80 000[6]
Vlag van Uruguay Uruguay 75 000[2][3]
Vlag van Chili Chili 65 000[2][3]
Vlag van Andorra Andorra 42 000[2][3]
Vlag van Nederland Nederland 34 000[2][3]
Vlag van Colombia Colombia 32 000[2][3]
Vlag van Italië Italië 32 000[2][3]
Vlag van Australië Australië 29 000[2][3] Vlag van Peru Peru 25 000[2][3]
Vlag van Dominikaanse Republiek Dominikaanse Republiek 21 000[3][6]

Taal: Spaans en ander tale (BaskiesGaliciesKatalaans)
Geloofsoortuiging: Christendom (Hoofsaaklik Rooms-Katolieke Kerk 73,4%)[7]Ateïsme 24%[8] • ander godsdienste 2,1% insluitende Judaïsme, Islam, Boeddhisme, Hindoeïsme
Verwante etniese groepe: Ander Romaanse volke soos Franse, Italianers, Katalane, Portugese en Roemene

Wêreldwyd leef byna 50 miljoen Spanjaarde, waarvan omtrent 41 miljoen in Spanje en meer as 2 miljoen in die Spaanse diaspora, veral in die Amerikas en lande van Wes-Europa.[9] Na die Spaanse verowering van beide die Asteekse en die Inka-ryk in die 16de eeu het tientalle Spanjaarde in die Vise-Koninkryke van Nieu-Spanje en Peru gevestig.[10] In die tydperk vanaf 1850 tot 1950 het 3,5 miljoen Spanjaarde ná Noord- en Suid-Amerikaanse lande soos Argentinië, Uruguay, Meksiko,[11] Brasilië, Chili, Venezuela en Kuba migreer.[12] Nadat Wes-Duitsland in die 1950's en 1960's sy grootste ekonomiese opswaai beleef het, die sogenaamde "Wirtschaftswunder", is Spanjaarde saam met Italianers en ander nasies van die Middellandse See genooi om in dié land te gaan werk en woon. Spanjaarde het 'n groot invloed en bydrae tot wetenskap, kuns, tegnologie, kookkuns, sport, regsgeleerdheid en bankwese, beide in die buiteland en wêreldwyd. Spanjaarde is algemeen bekend vir hul lokalisme, sowel regionaliste en munisipaliste asook hul aandag aan klere en respek vir gesinswaardes.

Volgens etniese herkoms leef wêreldwyd sowat 500 miljoen mense met 'n Spaanse herkoms, veral in lande van Latyns-Amerika. In Meksiko is sowat 94 miljoen mense van ten minste gedeeltelike Spaanse afkoms,[13] gevolg deur die Verenigde State met sowat 50 miljoen.[14] Die verspreiding van Spanjaarde het veral met die uitbreiding van die Spaanse Ryk tussen die 15de en die 17de eeu gepaard gegaan, waarvan naas die Amerikas ook die Filippyne en kleiner gebiede langs die kus van Afrika betrokke was.[15]

Verwysings

  1. "Official Population Figures of Spain. Population on the 1 January 2013" (in Spaans). INE Instituto Nacional de Estadística. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2020.
  2. "Explotación estadística del Padrón de Españoles Residentes en el Extranjero a 1 de enero de 2015" (PDF) (in Spaans). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2019. Besoek op 18 Maart 2015.
  3. (es) "Padrón de Españoles Residentes en el Extranjero (PERE)" (PDF). Besoek op 5 Desember 2015.
  4. (de) Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine 31 Dec. 2014 German Statistical Office. Zensus 2014: Bevölkerung am 31. Dezember 2014 Geargiveer 15 November 2016 op Wayback Machine
  5. (de) Anzahl der Ausländer in Deutschland nach Herkunftsland (Stand: 31. Dezember 2014)
  6. "Explotación estadística del Padrón de Españoles Residentes en el Extranjero a 1 de enero de 2014" (PDF) (in Spaans). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2017. Besoek op 19 Junie 2014.
  7. "El 73,4% de los españoles se declara católico, según el CIS :: España :: Religión Digital" (in Spaans). Periodistadigital.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2018. Besoek op 24 Februarie 2014.
  8. "Los ateos salen del armario | Noticias generales" (in Spaans). elmundo.es. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2019. Besoek op 24 Februarie 2014.
  9. (es) Españoles residentes en el extranjero 2015 (CERA) por país
  10. "Migration to Latin America" (in Engels). Let.leidenuniv.nl. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020. Besoek op 24 Februarie 2014.
  11. Patricia Rivas. "Reconocerán nacionalidad española a descendientes de exiliados :: YVKE Mundial" (in Spaans). Radiomundial.com.ve. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2014. Besoek op 10 Julie 2010.
  12. Nieves Ortega Pérez (1 Februarie 2003). "Spain: Forging an Immigration Policy" (in Engels). Migrationinformation.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Januarie 2014. Besoek op 24 Februarie 2014.
  13. "Mexico – Britannica Online Encyclopedia" (in Engels). Britannica.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2015. Besoek op 10 Julie 2010.
  14. (en) "HISPANIC OR LATINO ORIGIN BY SPECIFIC ORIGIN". US Census Bureau 2014 American Community Survey B03001 1-Year Estimates. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2020. Besoek op 18 Oktober 2015.
  15. (en) Axtell, James (September–Oktober 1991). "The Columbian Mosaic in Colonial America". Humanities. 12 (5): 12–18. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2008. Besoek op 8 Oktober 2008.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.