Spaanse Armada
Die Spaanse Armada was 'n vloot oorlogskepe wat Spanje in 1588 teen Engeland uitgestuur het, en wat deur die Engelse vloot verslaan is. Vandag word die woord armada soms gebruik om na enige groot groep skepe te verwys.[1]
Spaanse Armada | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Anglo-Spaanse Oorlog en die Tagtigjarige Oorlog | |||||||
Oorwinning oor die Spaanse Armada, deur Philip James de Loutherbourg. | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Engeland Nederland |
Iberiese Unie | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Lord Howard van Effingham Francis Drake John Hawkins Justinus van Nassau |
Hertog van Medina-Sidonia | ||||||
Sterkte | |||||||
34 oorlogskepe 163 gewapende handelskepe |
22 galjoene 108 gewapende handelskepe |
Gebeure
Die Spaanse Armada het uit 130 skepe bestaan wat in Augustus 1588 vanaf die Spaanse stad A Coruña vertrek het. Die Armada was onder beheer van die hertog van Medina-Sidonia. Hulle doel was om 'n leër vanaf Vlaandere na Engeland te begelei. Hulle wou die heerskappy van koningin Elizabeth I van Engeland en die Huis van Tudor omverwerp om Protestantisme in Engeland te vestig. Dit sou Engelse inmenging in die Spaanse Nederlande stopsit, asook die skade wat Engeland aan Spaanse belange aangerig het, inperk.
Lord Howard van Effingham was in bevel van die Engelse vloot, terwyl sir Francis Drake tweede in bevel was. Drake was besig om rolbal te speel toe die Armada sy verskyning maak. Blykbaar het hy daarop aangedring om eers sy spel te voltooi, omdat daar volgens hom genoeg tyd was om die Armada te verslaan.
Die Armada kies om nie die Engelse vloot by Plymouth aan te val nie. Nádat 'n Spaanse skip deur Drake in die Engelse Kanaal vasgevang is, versuim hulle om tydelik anker in die Solent (die seestraat tussen Engeland en die Eiland Wight) te gooi, maar gooi uiteindelik by Calais anker.[2] Terwyl hulle op kommunikasie van die hertog van Parma se weermag wag, is die Armada deur vuurbote aangeval. Tydens die daaropvolgende Slag van Gravelines is die Spaanse vloot beskadig en moes dit as gevolg van 'n Nederlandse blokkade hul rendezvous met Parma se weermag aflas.
Die Armada kon daarin slaag om te hergroepeer en met behulp van 'n suidwestelike wind na die noorde te onttrek, met die Engelse vloot kort op hul hakke. Die bevelvoerder beveel dat hulle na Spanje terugkeer, maar die Armada is deur erge storms in die Noord-Atlantiese Oseaan geteister. As gevolg hiervan het 'n groot aantal skepe aan die kus van Skotland en Ierland vergaan. Van die aanvanklike 130 skepe het meer as 'n derde dit nie tot by Spanje terug gemaak nie.[3]
Verwysings
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- "The Safeguard of the Sea, A Naval History of Britain, 660-1649", N. A. M. Rodgers, Penguin, 2004, p 263-269
- John A. Wagner (2010). Voices of Shakespeare's England: Contemporary Accounts of Elizabethan Daily Life: Contemporary Accounts of Elizabethan Daily Life. ABC-CLIO. p. 91.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Spaanse Armada.