SpVgg Preussen Hamelen 07
SpVgg Preussen Hamelen 07 is 'n sokkerklub uit Hamelen in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland.
Volledige naam | Spielvereinigung Preußen Hameln O7 e.V. |
Stigtingsdatum | 27 Mei 1907 |
Tuisveld | Weserbergland-stadion, Hamelen |
Kapasiteit | 14 000 |
Kompetisie | Oberliga Nedersakse-Wes |
Geskiedenis
Die huidige klub het in 1949 tot stand gekom met die samesmelting van Spielvereinigung Hameln 07 met FC Preußen Hameln von 1912. Die klub het sy beste jare in die daaropvolgende 15 jaar beleef, toe daar tot 1964 op die tweede hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur in die Amateur-Oberliga meegeding is.
Die klub se grootste prestasie was om die eerste rondte van die DFB-Pokal te haal in 1976 (verloor met 5-0 teen 1. FC Saarbrücken) en 1979 (verloor met 5-0 teen SpVgg Bayreuth).
Die klub was in 1999 op die randjie van bankrotskap en was verplig om vrywillig na die negende liga te relegeer.
Spielvereinigung Hameln 07
Die klub se oudste voorganger is FC Saxonia Hameln wat in 1907 gestig is. In 1928 is daar met Hamelner Sportvereinigung saamgesmelt om Hamelner Sportvereingung Saxonisa von 1907 te vorm. Hamelner Sportvereingung was self 'n samesmelting uit 1925 tussen FC Olympia Hameln (gestig in 1910) en FC Borussia Hameln (gestig in1913).
FC Preußen Hameln von 1912
Die klub het in 1928 ontstaan as VfB Hameln met die samesmelting van VfB Preussen Hameln met Sportclub Grün Weiß Hameln (gestig in 1926). In 1933 is die naam verander na FC Preußen Hameln von 1912. VfB Preussen Hameln was op sy beurt 'n samesmelting uit 1921 tussen VfB Hameln (gestig in 1912) en SC Preussen Hameln (gestig in 1920).
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
Oberliga Neder-Sakse Wes 2009/10-seisoen | |
SV Bad Rothenfelde – SV Bavenstedt – VfL Bückeburg – BV Cloppenburg – BSV Kickers Emden - |