SpVgg Greuther Fürth
SpVgg Greuther Fürth is 'n sokkerklub uit die stad Fürth in die deelstaat Beiere in Duitsland.
Volledige naam | Spielvereinigung Greuther Fürth e.V. |
Stigtingsdatum | 23 September 1903 |
Tuisveld | Playmobil-Stadion, Fürth (voorheen bekend as die Ronhof) |
Kapasiteit | 15 500 |
Kompetisie | Bundesliga 2 |
Geskiedenis
Die klub is in 1903 as SpVgg Fürth gestig. Fürth het in 1914 die nasionale kampioen geword na 'n ellelange riller van 154 minute teen VfB Leipzig nadat 'n goue doel aangeteken is. In 1926 en 1929 het die klub weer die Duitse kampioenskap gewen deur beide kere met Hertha BSC Berlyn in die eindstryd af te reken.
In 1996 het SpVgg Fürth met die sokkerafdeling van TSV Vestenbergsgreuth ('n suksesvolle klub uit 'n nabygeleë dorpie) saamgesmelt en die naam verander na die huidige Spielvereinigung Greuther Fürth.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
2. Bundesliga 2010/11-seisoen | |
FC Augsburg - TSV 1860 München - FC Erzgebirge Aue - Karlsruher SC - MSV Duisburg - VfL Osnabrück - |