SpVgg Erkenschwick
SpVgg Erkenschwick is 'n Duitse sokkerklub uit Oer-Erkenschwick in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale. In 1916 is die sportklub Sportverein Erkenschwick gestig en in 1918 is daar met Emscher-Lippe-Spielverband saamgesmelt om Sportfreunde Erkenschwick te vorm. In 1921 word daar weer saamgesmelt, hierdie keer met Turn- und Leichtathletikverein TV Erkenschwick om TuS 09 Erkenschwick te vorm. In 1922 het die klub se sokkerafdeling onafhanklik geraak en met die sokkerspelers van Blau-Weiss Oer saamgesmelt om SpVgg Erkenschwick te vorm.
Volledige naam | Spielvereingung 1916 Erkenschwick e.V. |
Stigtingsdatum | 9 Junie 1916 |
Tuisveld | Stimberg, Oer-Erkenschwick |
Kapasiteit | 20 000 |
Kompetisie | Oberliga Wesfale |
Die klub het vanaf 1943 in die Gauliga Wesfale meegeding, destyds die hoogste vlak. Na die Tweede Wêreldoorlog het die span in die Oberliga Wes gespeel, wat weereens die hoogste vlak was.
In 1967 het die span die kwarteindstryd van die DFB-Pokal gehaal en met 1-3 teen FC Beiere München, die uiteindelike wenner, verloor.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
Oberliga Wesfale 2007/08-seisoen | |
Rooiwit Ahlen II | DSC Arminia Bielefeld II | VfL Bochum II | SC Delbrück | SpVgg Erkenschwick |