SpVgg Beiere Hof
SpVgg Beiere Hof is 'n Duitse sokkerklub uit Hof in die deelstaat Beiere.
Volledige naam | Spielvereinigung Bayern Hof e.V. |
Stigtingsdatum | 1910 |
Tuisveld | Grüne Au, Hof |
Kapasiteit | 22 000 |
Kompetisie | Oberliga Beiere |
Geskiedenis
Op 1 Junie 1910 is die Ballspielclub Hof gestig en sy naam is 'n jaar later verander in Britannia Hof. Die klub het in 1913 met FC Roland Hof en FC Phönix Hof saamgesmelt. Aangesien Engeland een van Duitsland se teenstanders was in die Eerste Wêreldoorlog, is die klubnaam Britannia in 1914 verander na FC Bayern Hof.
Die klub het in 1959 na die Oberliga Suid gepromoveer, destyds die hoogste klas. In 1967, 1968 en 1972 het die klub aan die uitspeelwedstryde om promosie na die Bundesliga deelgeneem, maar was elke keer onsuksesvol.
In 2005 het die klub met SpVgg Hof saamgesmelt en sy huidige naam aangeneem.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
Oberliga Beiere 2007/08-seisoen | |
TSV Aindling - SpVgg Ansbach 09 - 1. FC Bad Kötzting - 1. FC Eintracht Bamberg - SpVgg Bayreuth - SpVgg Greuther Fürth II - TSV Großbardorf - SV Heimstetten - SpVgg Beiere Hof - FC Kempten - | |