Sowjetlugmag
Die Sowjetlugmag (Russies: Военно-воздушные силы, Wojenno-wozdoesjnije sili, letterlik "Militêre Lugmagte") was die amptelike naam van een van die lugmagte van die Sowjetunie. Die ander was die Sowjetlugverdedigingsmagte. Die lugmagte is in 1917 geskep uit komponente van die Keiserlike Russiese Lugdiens en het hul grootste toets tydens die Tweede Wêreldoorlog gehad. Die groepe was ook betrokke by die Korea-oorlog en het in 1991–'92 saam met die Sowjetunie self ontbind. Die Sowjetlugmag se bates is vervolgens verdeel in verskillende lugmagte van voormalige Sowjetrepublieke, waaronder die nuwe Russiese Lugmag.
Sien ook
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sowjetlugmag.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.