Soutkop
Soutkop is 'n sandsteenkoppie net buitekant die dorp Ficksburg in die Vrystaatprovinsie van Suid-Afrika.
Soutkop | |
---|---|
Soutkop naby Ficksburg, soos gesien vanaf Imperaniberg. | |
Ligging | Oos-Vrystaat, Suid-Afrika |
Hoogte | 1 719[1] meter bo seevlak |
Koördinate | 28°49′38.72″S 27°55′26.54″O |
Soutkop |
Oorsprong van Naam
Die naam Soutkop kom vanaf die ooreenkoms wat die vorm van die koppie toon met die tipiese vorm van 'n hoop sout. Die onderste gedeelte van Soutkop word gevorm deur die basis, terwyl die boonste gedeelte bestaan uit 'n vertikale krans van wit sandsteen van die Clarens Formasie. Die geografiese naam vir die koppe is butte.
Geskiedenis
Soutkop is 'n bekende landmerk in die omgewing, wat al vir verskeie doeleindes gebruik is. Vroeërjare is 'n beeld van Soutkop gebruik om die Oos-Vrystaat mee voor te stel tydens die weerberig. Dit vorm ook die kenteken van die Laerskool Ficksburg, met die leuse "Iuncta Iuvant", wat beteken "Almal Staan Saam".
Verwysings
- "Elevation Finder" (in Engels). Free Map Tools. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 16 Junie 2017.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.