Southern Kings (Pro14-rugbyspan)
Die Southern Kings was ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat laastens aan die multinasionale Pro14-liga in 2018–2019 seisoen deelgeneem het, nadat hulle van 2013 tot 2017 aan die Superrugbykompetisie deelgeneem het. Die span is in 2009 gestig om saam te val met die 2009 Britse en Ierse Leeus-toer na Suid-Afrika. Op 12 November 2009 het arbiters van SANZAR die Kings se bod om toetrede tot Superrugby verwerp. Die konsessie is uiteindelik aan die Melbourne Rebels toegeken.
Southern Kings | ||||
Stigting | 2009 | |||
Ontbind | 2020 | |||
Ligging | Port Elizabeth, Suid-Afrika | |||
Stadion | Nelson Mandelabaai-stadion | |||
Kapasiteit | 48 000 | |||
HUB | Loyiso Dotwana | |||
Afrigter(s) | Deon Davids | |||
Kaptein(s) | Schalk Ferreira | |||
Liga(s) | Superrugby, Pro14 | |||
2018-’19 | 7de (Konferensie B) | |||
Tuiskleure
|
Weg kleure
| |||
Statistiek | ||||
---|---|---|---|---|
Meeste punte | 170 Masixole Banda | |||
Meeste drieë | Yaw Penxe (15) | |||
Eerste wedstryd | ||||
Southern Kings 22 – 10 Western Force (23 Februarie 2013) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Southern Kings 44 – 3 Rebels (29 April 2017) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Southern Kings 10 – 72 Waratahs (4 Mei 2013) | ||||
Amptelike webwerf | ||||
www.skings.co.za |
Die konsessie is formeel aangekondig met die opening van die Nelson Mandelabaai-stadion op 16 Junie 2009. Die idee vir die span was om rugby in die Oos-Kaap te ontwikkel maar daar was slegs twee spelers van die span van die Grens in die span wat teen die Leeus gespeel het. Daar was ook bekommernis dat die span ’n een-wedstryd-wonder sou wees en, soos die Southern Spears (sy voorganger), inmekaar tuimel.[1]
Geskiedenis
Die Southern Kings was aanvanklik 'n poging om Superrugby na die Oos-Kaap in Suid-Afrika te bring. In 2005 was daar ook ’n poging om dit te bewerkstellig in die vorm van die konsessie wat die Southern Spears genoem is. Die bedoeling was dat hulle van 2007 aan die Super 14 sou deelneem deurdat hulle die swakste van die Suid-Afrikaanse spanne sou vervang. Die waarskynlike insluiting van die Spears het egter tot heelwat kontroversie in Suid-Afrikaanse rugby gelei. In April 2006 is die Spears toetrede tot die Super 14 geweier omdat hulle in ’n ongunstige finansiële toestand verkeer het.
In Januarie 2009 het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aangekondig dat ’n nuwe konsessie in die Oos-Kaap in Junie bekend gestel sou word om saam te val met die koms van die Britse en Ierse Leeus na Port Elizabeth vir een van hul midweek toerwedstryde teen ’n provinsiale span.[2] Die konsessie is geskep met die doel om toetrede tot Superrugby te bewerkstellig maar daar is geen skedule vir insluiting uitgewerk nie. Die president van die Oos-Kaapse Rugbyunie, Cheeky Watson, het gesê dat "daar ’n desperate nood vir top-rugby in die Suidoos-Kaap is en dat dit die eerste stap is om die nood te verlos." Die konsessie is in April 2009 amptelik bekend gestel op SARU se webblad.[3]
In 2012 het die span ’n multi-miljoenrand aanbod van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aanvaar om sy bod om deelname aan die Superrugbyreeks tot 2012 uit te stel.[4]
Eerste deelname
Op 16 Augustus 2012 is bekendgemaak dat die Kings aan die 2013 Superrugbyseisoen gaan deelneem. Die span is ingesluit ten koste van die Lions weens hulle teleurstellende seisoen in 2012. Die Lions het egter die geleentheid gekry om na afloop van die 2013-seisoen in twee promosie/relegasiewedstryde teen die swakste span in die Suid-Afrikaanse groep uit te speel.[5]
Konsessiegebied
Die konsessiegebied van die Southern Kings het bestaan uit die Oos-Kaap en dele van die Wes-Kaap. Hulle spelers het van drie provinsiale unies, naamlik die OP Olifante wat in Port Elizabeth gebaseer is, die Grens Bulldogs wat in Oos-Londen gebaseer is en die SWD Arende wat in George gebaseer is gekom. Die Arende verteenwoordig die Suidwestelike Distrikte in die Wes-Kaap, die Olifante verteenwoordig die westelike helfte van die Oos-Kaap en die Bulldogs verteenwoordig die oostelike helfte van die Oos-Kaap.
Seisoenbepalings
Superrugby
Die volgende tabel som die Kings se Superrugby-uitslae op:
Seisoen Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor Punte vir Punte teen +/- BP1 Pte Notas 2013 15de 16 3 1 12 298 564 −266 2 24
1 Punte toegeken vir ’n loslootjie is nie hierby ingereken nie.
Die volgende tabel som die Kings se Superrugby-uitslae vir die uitgebreide toernooi van agtien spanne op:
Span
Southern Kings 2017 Superrugbyspan:
Stutte
Hakers
Slotte
|
Losvoorspelers
Skrumskakels
Losskakels
|
Senters
Vleuels
Heelagters
|
Britse en Ierse Leeus-toer
'n Uitnodigingspan is gebruik vir die wedstryd tussen die Southern Kings en die Britse en Ierse Leeus in 2009.[6]
Begin XV:
|
Reserwes
|
Southern Kings se 2013 Superrugbyspan was:
Stutte
Hakers
Slotte
|
Losvoorspelers
Skrumskakels
Losskakels |
Senters
Vleuels
Heelagters
|
Verwysings
- (en) "SA se Super15 span 'n 'een-wedstryd-wonder'". thesuper15.com. 13 Junie 2009. Besoek op 24 Januarie 2010.[dooie skakel]
- "Nuwe Oos-Kaap-konsessie vir Superrugby" (in Engels). Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 14 Januarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2013. Besoek op 24 Januarie 2010.
- "Welkom aan die Southern Kings" (in Engels). Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 29 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2013. Besoek op 24 Januarie 2010.
- "R40m hou Kings uit S15" (in Engels). Sport24. 15 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 15 Julie 2012.
- Piek, Morgan (16 Augustus 2012). "SARU bevestig Superrugbydeelname vir 2012" (in Engels). Rugby15.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 14 Maart 2016. Besoek op 16 Augustus 2012.
- "Southern Kings 8-20 Lions" (in Engels). BBC Sport. 16 Junie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2019. Besoek op 24 Januarie 2010.