Sosiale wetenskap
Sosiale wetenskap is die tak van wetenskap wat handel oor die studie van menslike gemeenskappe en die verhoudings tussen individue binne dié gemeenskappe. Die term is voorheen gebruik vir die veld sosiologie, die oorspronklike "wetenskap van die gemeenskap", wat in die 19de eeu gevestig is. Benewens sosiologie sluit dit nou ’n verskeidenheid akademiese dissiplines in, soos antropologie, argeologie, ekonomie, linguistiek, sielkunde en politieke wetenskap.[1]
Die geskiedenis van sosiale wetenskap het ná 1650 tydens die Verligting begin,[2] toe daar ’n omwenteling in natuurfilosofie plaasgevind en die mens se begrip van wat "wetenskaplik" is, verander het. Sosiale wetenskap het voortgespruit uit die morele filosofie van die tyd en is beïnvloed deur die tydperk van rewolusies, soos die Nywerheidsomwenteling en die Franse Rewolusie.[3]
Takke
Sosiale wetenskap bestaan uit verskillende takke wat op universiteitsvlak nagevors word. Dié dissiplines word gedefinieer en erken deur die akademiese joernale waarin navorsing gepubliseer word en die verenigings en akademiese departemente waartoe die kenners behoort. Van dié takke het verskeie ondergeskikte dissiplines of takke en die onderskeid tussen hulle is soms vaag.
Van die takke is:
Verwysings
- Robinson, Jane (2005). Nursing History and the Politics of Welfare. Routledge. p. vii. Besoek op 23 April 2020.
- Kuper, Adam (1996). The Social Science Encyclopedia (in Engels). Taylor & Francis. ISBN 978-0-415-10829-4.
- Kuper, A., en Kuper, J. (1985). The Social Science Encyclopaedia.
Skakels
- Centre for Social Work Research
- Family Therapy and Systemic Research Centre
- International Conference on Social Sciences
- International Social Science Council
- Intute: Social Sciences (UK)
- Social Science Research Society Geargiveer 28 Julie 2011 op Wayback Machine
- Social Science Virtual Library
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sosiale wetenskap.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.