Soldatejas
'n Soldatejas (Engels: trench coat) is 'n militêre oorjas of 'n reënjas gemaak van waterdigte swaar katoen, leer of poplin.[1] Dit het oor die algemeen 'n verwyderbare geïsoleerde voering met volskouermoue. Die klassieke weergawes kom in verskillende lengtes wat wissel bo die enkels (die langste) tot bo die knie (die kortste). Dit was oorspronklik 'n kleredragitem vir weermagoffisiere (ontwikkel voor die oorlog, maar aangepas vir gebruik in die loopgrawe van die Eerste Wêreldoorlog, vandaar sy naam) en toon hierdie invloed in sy stilering.
Verwysings
- Foulkes, Nick (2007). The Trench Book. Assouline. ISBN 2759401634.
Wikimedia Commons bevat media in verband met soldatejasse. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.