Sol Plaatjedam

Die Sol Plaatjedam, oorspronklik Saulspoortdam, is 'n opgaardam by die samevloeiing van die Asrivier met die Liebenbergsvleirivier, net oos van Bethlehem. Dit is in 1968 gebou en voorsien hoofsaaklik water vir munisipale en huishoudelike gebruik. Die reservoir ontvang sy water van die Lesotho-Hoogland-waterprojek via die Asrivier.

Die Saulspoortdam se naam is na Sol Plaatjedam verander na die noodlottige busramp op 1 Mei 2003 van werkers van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit in Kimberley wat op pad was na 'n werkersdagbyeenkoms in Bethlehem.

Eksterne skakels


This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.