Sojoes 23

Die Sojoes 23-ruimtetuig is op 'n Almaz-militêre sending na die Saljoet 5-ruimtestasie gestuur, met die ruimtevaarders Wjatsjeslaf Zoedof en Waleri Rozjdestwenski aan boord. Weens 'n tegniese probleem met die koppelstelsel kon hulle nie aan die Saljoet 5 koppel nie. 'n Soortgelyke probleem is voorheen met die Sojoes 15-sending ervaar.

Sojoes 23
Ruimtesending:Sojoes 23
Herkoms:Rusland
Lansering :14 Okt. 1976 17:19:38 UTC Baikonoer
Geland:16 Okt. 1976 17:45:53 UTC
Verblyf:2 dae, 0 uur, 6 minute, 35 sekondes
Omwentelinge:32

Weens die probleem is die sending afgelas. Die Sojoes 23 het teruggekeer na die aarde, maar probleme ondervind nadat dit die atmosfeer binnegegaan het. 'n Sneeustorm het die tuig se valskerm vol sneeu geblaas, waarna die kapsule op 'n bevrore meer geland en toe in die water beland het. Die temperatuur het dié dag tot -20 °C gedaal.

Die bemanning het alle verhitting afgeskakel om krag te bespaar. Pogings om die kapsule met 'n amfibiese voertuig te bevry het misluk. Skubaduikers het eindelik daarin geslaag om die twee bemanningslede lewend uit die kapsule te bevry.

Bemanning

Sending

Eksterne skakels

Vorige sending:

Sojoes 22

Sojoes-program Volgende sending:

Sojoes 24

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.