Soematra
Soematra (Indonesies: Sumatera; Atjehs: Ruja), die wêreld se sesde grootste eiland, na Groenland, Nieu-Guinee, Borneo, Madagaskar en Baffin-eiland, beslaan 'n oppervlakte van 473 481 km² en word begrens deur die oop Indiese Oseaan in die suidweste, die Andamanse See in die noordweste, die Suid-Chinese See in die noordooste en die Javasee in die suidooste. Soematra is die tweede grootste en mees westelike van die vier Groot-Soenda-eilande asook die derde grootste eiland van die eilandnasie Indonesië. Dit is in die suidooste van die Andaman- en Nicobar-eilande, in die suidweste van die Maleise Skiereiland, in die weste van Borneo en in die noordweste van Java langs die ewenaar geleë. Die Indiese Oseaan word in die noorde deur die Straat van Malakka met die Suid-Chinese See en in die suide deur die Javastraat met die Javasee verbind. Langs Soematra se ooskus lê die eiland Bangka.
Soematra Inheemse naam: Sumatera / Ruja | |
---|---|
Topografiese kaart van Soematra | |
Geografie | |
Ligging | Suidoos-Asië |
Koördinate | 00°00′S 102°00′O |
Argipel | Groot Soenda-eilande
|
Oppervlakte | 473 481 vk km |
Hoogste punt | Berg Kerinci 3 805 m |
Administrasie | |
Indonesië | |
Provinsies | Aceh, Bengkulu, Jambi, Lampung, Riau, Wes-Soematra, Suid-Soematra, Noord-Soematra
|
Hoofstad | Medan |
Grootste stad | Medan (2 109 330)
|
Demografie | |
Bevolking | 50 miljoen |
Bevolkingsgroepe | Acehnese, Batak, Minangkabau, Maleiers, Han-Chinese |
Die wêreld se sesde grootste eiland |
Soematra se naam is afgelei van die Sanskrit-woord Samudra (समुद्र) wat "versameling van waters, see of oseaan" beteken.[1] 'n Ou naam vir Soematra is "Swarna Dwipa" (Sanskrit vir: "eiland van goud"), waarskynlik deur die baie vroeë uitvoer van goud uit die myne in die Soematraanse hoogland.
Soematra het 'n bevolking van sowat 50 miljoen, waarvan die meeste Maleiers is, in die noordweste bly veral Acehnese of Atjehs. Hulle besig hul eie moedertale, onderskeidelik Maleis en Atjehs, maar ook die ampstaal van Indonesië, Indonesies. Al dié tale behoort tot die Maleis-Polinesiese tale. Chinees is die moedertaal van die Han-Chinese wat hulle veral in onlangse dekades op Soematra kom vestig het. Die geloofsmeerderheid in Soematra is Moslems (87,1%), gevolg deur 10,7% Christene, en minder as 2% is Boeddhiste en Hindoes.[2]
Borneo en Soematra is veral bekend vir hul reënwoude wat die enigste habitat van die orangoetang vorm. As gevolg van sterk ontbossing word hierdie groot ape ernstig bedreig.
Soematra se geologie word gekenmerk deur baie aktiewe vulkane wat dié eiland van noordwes na suidoos gevorm het. Net suidoos van Soematra is Krakatoa geleë, veral bekend vir die enorme uitbarsting in 1883. Soematra se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel.
Geografie
Provinsies
Naam | Oppervlakte (km²) | Bevolking (2000-sensus) | Bevolking (2010-sensus) | Bevolking (2014-skatting) | Hoofstad |
---|---|---|---|---|---|
Aceh | 57 956,00 | 4 073 006 | 4 486 570 | 4 731 705 | Banda Atjeh |
Noord-Soematra (Sumatera Utara) | 72 981,23 | 11 642 488 | 12 326 678 | 13 527 937 | Medan |
Wes-Soematra (Sumatera Barat) | 42 012,89 | 4 248 515 | 4 845 998 | 5 098 790 | Padang |
Riau | 87 023,66 | 3 907 763 | 5 543 031 | 6 359 790 | Pekanbaru |
Jambi | 50 058,16 | 2 407 166 | 3 088 618 | 3 412 459 | Jambi |
Suid-Soematra (Sumatera Selatan) | 91 592,43 | 6 210 800 | 7 446 401 | 7 996 535 | Palembang |
Bengkulu | 19 919,33 | 1 455 500 | 1 713 393 | 1 828 291 | Bengkoeloe |
Lampung | 34 623,80 | 6 730 751 | 7 596 115 | 7 972 246 | Bandar Lampung |
Bangka-Belitung (Kepulauan Bangka Belitung) | 16 424,14 | 899 968 | 1 223 048 | 1 380 762 | Pangkal Pinang |
Riau-eilande (Kepulauan Riau) | 8 256,10 | 1 040 207 | 1 685 698 | 2 031 895 | Tanjung Pinang |
Totaal | 480 847,74 | 42 616 164 | 50 613 947 | 54 339 256 |
Stede
Rang | Stad | Provinsie | Bevolking (2010-sensus) |
Oppervlakte (km²) |
---|---|---|---|---|
1 | Medan | Noord-Soematra | 2 109 339 | 265,10 |
2 | Palembang | Suid-Soematra | 1 452 840 | 374,03 |
3 | Batam | Riau-eilande | 1 153 860 | 715,0 |
4 | Pekanbaroe | Riau | 903 902 | 633,01 |
5 | Bandar Lampung | Lampung | 879 851 | 169,21 |
6 | Padang | Wes-Soematra | 833 584 | 694,96 |
7 | Jambi | Jambi | 529 118 | 205,00 |
8 | Bengkoeloe | Bengkoeloe | 300 359 | 144,52 |
9 | Dumai | Riau | 254 332 | 2 039,35 |
10 | Binjai | Noord-Soematra | 246 010 | 90,24 |
11 | Pematang Siantar | Noord-Soematra | 234 885 | 60,52 |
12 | Banda Atjeh | Aceh | 224 209 | 61,36 |
13 | Lubuklinggau | Suid-Soematra | 201 217 | 419,80 |
Berge
- Dempo (3 159 m)
- Kerinci (3 805 m)
- Sibayak (2 212 m)
- Pesagi (2 262 m)
- Singgalang (2 877 m)
- Marapi (2 891,3 m)
- Talamau (2 912 m)
- Tandikat (2 438 m)
- Leuser (3 172 m)
- Perkison (2 300 m)
Verwysings
- (en) Macdonell, Arthur Anthony (1924). A practical Sanskrit dictionary with transliteration, accentuation, and etymological analysis. Motilal Banarsidass Publications. p. 347. ISBN 9788120820005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2016. Besoek op 16 Desember 2015.
- "Kewarganegaraan, Suku Bangsa, Agama, dan Bahasa Sehari-hari Penduduk Indonesia" (PDF). www.bps.go.id (in Indonesies). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2020. Besoek op 5 Januarie 2019.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Soematra. |
- (en) Toerisme-inligting oor Soematra op Wikivoyage
- (en) "Sumatra". Encyclopædia Britannica. Besoek op 12 Mei 2020.