Sobhuza II
Sobhuza II was 'n koning van die Swazi's. Hy is in 1898 gebore as seun van Bhunu, wie hy in 1899 opgevolg het, met sy ouma, Nabotsibeni, as regent.
Sobhuza II | |
---|---|
Allergrootste Hoof van Swaziland Koning van Swaziland | |
Sobhuza II in 1945 | |
Dinastie | Huis van Swazi |
Bewind | 1899 - 1982 |
Kroning | 22 Desember 1921 |
Volle naam | Ngwenyama Sobhuza II |
Gebore | 22 Julie 1899 |
Gesterf | 21 Augustus 1982 |
Voorganger | Ngwane V |
Opvolger | Mswati III |
Gade | Labotsibeni Mdluli |
Kinders | Mswati III |
Vader | Ngwane V |
Moeder | Lomawa Ndwandwe |
Hy het sy skoolopleiding by Lovedale ontvang en word in 1922 tot Koning van die Swazi's uitgeroep. Hy lê 'n besoek aan Engeland af, waar hy vir koning George V ontmoet. In 1923 misluk sy appél na die Geheime Raad in verband met 'n belangrike grondsaak, wat gehandel het oor die geldigheid van konsessies wat sy oupa, Umbandine, vroeër aan blanke nedersetters toegestaan het.
Hy het hom voortdurend beywer vir die ontwikkeling van sy vaderland.
Bronne
Voorafgegaan deur Ngwane V |
Koning van Swaziland 1899–1982 |
Opgevolg deur Mswati III |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.