Snyman
Snyman is 'n Afrikaanse van, afgelei van die Duitse Schneider.
Oorsprong
Die eerste Snyman (Christoffel Snyman)[1] was van gemengde afkoms, die kind van Catrijn van Batavia, 'n Indiese slavin en Hans Christoffel Schneider, 'n Duitse soldaat.[2][3][4] Christoffel Snyman trou met Margaretha Therese De Savoye, afkomstig van Gent, Vlaandere, in Julie 1689.
Christoffel Snyman en sy vrou het nege kinders gehad:[3]
- Jacobus Christoffel Snyman, gebore in 1690.
- Catharina Snyman (1692)
- Maria Magdelana Snyman (1693)
- Christina Snyman (1695)
- Elsie Snyman (1697)
- Johanna Snyman (1699)
- Philippus Snyman (1701)
- Susanna Snyman (1703)
- Elisabeth Snyman (1706)
Mense
Sommige van die bekende Snymans sluit in:
- André Snyman, Suid-Afrikaanse rugby speler
- Brendon Snyman, Suid-Afrikaanse rugby speler
- Dana Snyman (1963), Suid-Afrikaanse joernalis
- Eli Snyman, Zimbabwe-gebore Suid-Afrikaanse rugby-unie speler
- Evert Snyman (1954-2015), Suid-Afrikaanse radio-omroeper, stemkunstenaar, akteur en skrywer
- Gerrie Snyman, Namibiese krieketspeler
- Harold Snyman, Suid-Afrikaanse polisieman
- Johan Snyman, Suid-Afrikaanse rugby speler
- "JP" Snyman du Plessis, Suid-Afrikaanse rugby speler
- Kootjie Snyman (Jacobus Philippus, 1838-1925), Boere generaal by die beleg van Mafeking
- Neal Snyman, Suid-Afrikaanse blokfluit en produsent
- Neil Snyman, Suid-Afrikaanse krieketspeler
- Philip Snyman (1987), Suid-Afrikaanse rugby speler
- Robin Roy Snyman, Suid-Afrikaanse geestelike
- Ruan Snyman, Suid-Afrikaanse rugby speler
- Wilna Snyman (1935), Suid-Afrikaanse aktrise
Verwysings
Eksterne skakels
- snymangenealogy.co.za Geargiveer 3 September 2018 op Wayback Machine
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.