Snoek
Snoek (Thyrsites atun) is gesogte, eetbare seevis wat aangetref word van Moçâmedes (tussen 1985 en 2016 Namibe) tot by Tafelbaai en ook by Valsbaai, Mosselbaai en soms tot so ver as Algoabaai. Dit kom ook voor by Tristan da Cunha, Suid-Australië, Nieu-Seeland en Chili. Die vis kom voor in trekskole; in die Kaap van September tot Junie.
Snoek | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Gempylinae |
Genus: | Thyrsites Cuvier, 1832 |
Spesie: | T. atun |
Binomiale naam | |
Thyrsites atun (Euphrasen, 1791) | |
Verspreiding van die Snoek. |
Dié vis is 'n soutwater spesie en moenie met die Varswatersnoek (Afrika-greepvis) verwar word nie.
Voorkoms
Die vis se kop en lyf is blougrys aan die bokant en silwer aan die onderkant. Die vis is lank en plat en het 'n lang dorsale vin wat swart is. Agter die dorsale en anale vinne is 5 – 7 klein vinnetjies. Die sylyn is aaneenlopend. Die vis word 1.8 m lank en weeg dan 9 kg.
Habitat en gewoontes
Die vis leef bedags naby die bodem op die kontinentale bank en naby eilande. Snags kom hulle na die oppervlakte van die oseaan. Hulle vreet pelagiese vis: sardyne, ansjovis, rooioog-rondeharing en skaaldiere. Die onvolwasse vis vreet hoofsaaklik lanternvis, familie Myctophidae. Snoek is 'n gesogte eetvis en het kommersiële waarde in Suid-Afrika, Australië, Nieu-Seeland en die suide van Suid-Amerika.
Sien ook
Bronne
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7