Sneesvis
Die Sneesvis (Regalecus glesne) is 'n vis wat wêreldwyd voorkom in tropiese en gematigde waters. In Engels staan die vis bekend as die Oarfish.
Sneesvis | |
---|---|
![]() | |
Regalecus glesne | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | Lampridiomorpha |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Regalecus |
Spesie: | R. glesne |
Binomiale naam | |
Regalecus glesne Ascanius, 1772 | |
Sinonieme | |
|
Voorkoms
Die lyf is baie lank en die kop en lyf is helder silwer van kleur terwyl daar onreëlmatige swart kolle en strepe op die lyf is. Die dorsale vin begin op die kop en strek die volle lengte van die lyf. Die dorsale en bekken vinne is oranje van kleur. Die volwassenes het geen stertvin nie en die bekken vinne lyk soos lang tentakels. Die vis word tot 8 m lank en 150 kg swaar.
Habitat
Die vis leef in die oseaan in water wat van 15 – 500 m diep is. Hulle vreet planktoniese skaaldiere. Die bekken vin word as smaakorgaan gebruik. Daar is nog baie min bekend omtrent die vis. Die vis is oneetbaar.
- Regalecus juvenile
- Skets van Regalecus glesne uit 1895.
![](../I/Giant_Oarfish.jpg.webp)
Soldate vertoon 'n 7.0 meter Regalecus glesne wat in 1996 naby Coronado in die VSA gevang is.
Sien ook
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Regalecus glesne. |
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.