Smarag (kleur)

Die kleur smarag (Engels: emerald), ook genoem smaraggroen, is 'n skakering van groen wat veral lig en helder is, met 'n flou ondertoon van blou. Die naam is afkomstig van die edelsteen smarag.

#50C878
Smarag

Die eerste opgetekende gebruik van emerald as 'n kleur se naam in Engels was in 1598.

Soms word na Ierland verwys as die Emerald Isle as gevolg van sy welige groen landskap. Die Mei-geboortesteen is Smarag. Seattle word soms na verwys as die Smaragstad, omdat die oorvloedige reënval welige plantegroei veroorsaak. In die Middeleeue is geglo dat die Smaragtablet van Hermes Trismegistus die geheime van die alchemie bevat.

Kleurkoördinate

Volgens verskeie kleurskemas word smarag as volg voorgestel:

Model Koördinate
Heksadesimale kode #50C878
RGB-kleurmodel (80, 200, 120)
CMYK (60, 0, 40, 22)
HSV (140°, 60%, 78%)

Sien ook

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.