Slurry
Slurry is 'n nedersetting in die Noordwes, Suid-Afrika. Die dorpie is tussen Zeerust en Mahikeng op die R27 hoofpad. In 1916 is 'n groot sementaanleg op die plaas Rietvallei opgerig en die meeste inwoners is werksaam by die aanleg. Die kalkklip word naby die dorp gemyn en die naam is afgelei van die Engelse woord "slurry" vir die mengsel van grondstowwe.
Slurry | |
---|---|
Dorpie | |
![]() ![]() Slurry ![]() | |
Koördinate: 25°49′0″S 25°51′0″O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Ngaka Modiri Molema |
Munisipaliteit | Mahikeng |
Oppervlak | |
• Totaal | 33,21 km2 (12,82 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 587 |
• Digtheid | 18/km2 (50/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 19.6% |
• Indiërs/Asiërs | 6.3% |
• Bruin mense | 3.8% |
• Swart mense | 70.3% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 55.2% |
• Afrikaans | 22.3% |
• Engels | 9.2% |
• Zoeloe | 6.3% |
• Ander | 7.0% |
Poskode (strate) | 2895 |
Poskode (posbusse) | 2895 |
Skakelkode | 018 |
Sien ook
Bronne
- "Hoofplek Slurry". Sensus 2011.
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.