Slang (astrologie)
Die Slang (蛇, shé) is die sesde dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Slang word verbind met die Aardse taksimbool 巳.[1]
Beskrywing
Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die 12-jaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal maak die Slang op daarvoor dat hy nie ’n vinnige swemmer is nie deur skelmpies op die Perd se hoef te ry. Toe die Perd op die punt was om die eindstreep oor te steek, het die Slang afgespring – dit het die Perd laat skrik en die Slang het hom geklop om die sesde plek.
Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Slang is van 09:00 to 11:00 – die tyd wanneer die Son die Aarde verhit; dis wanneer slange uit hul gate kruip. Die "maand" van die Slang is 5 Mei tot 5 Junie.
Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die spesifieke dier gebore is.
In Chinese simbologie word slange beskou as intelligent, maar met ’n neiging om ietwat gewetenloos te wees.[2]
Jare en die Vyf Elemente
Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Slang gebore, met ook die volgende elementêre teken:
Begindatum | Einddatum | Hemelse tak |
---|---|---|
10 Februarie 1929 | 29 Januarie 1930 | Aardslang |
27 Januarie 1941 | 14 Februarie 1942 | Metaalslang |
14 Februarie 1953 | 2 Februarie 1954 | Waterslang |
2 Februarie 1965 | 20 Januarie 1966 | Houtslang |
18 Februarie 1977 | 6 Februarie 1978 | Vuurslang |
6 Februarie 1989 | 26 Januarie 1990 | Aardslang |
24 Januarie 2001 | 11 Februarie 2002 | Metaalslang |
10 Februarie 2013 | 30 Januarie 2014 | Waterslang |
29 Januarie 2025 | 16 Februarie 2026 | Houtslang |
15 Februarie 2037 | 3 Februarie 2038 | Vuurslang |
Let wel dat ’n nuwe teken van die diereriem in Japan op 1 Januarie begin, terwyl dit in China begin volgens die tradisionele Chinese kalender: op die donkermaan wat tussen 21 Januarie en 20 Februarie val. Mense wat in Januarie of Februarie gebore is, kan dus in die twee lande onder verskillende tekens val.
Slange en hul maats
Teken | Beste maats | Gemiddelde maats | Slegte maats |
Slang | Slang, Haan, Os | Draak, Aap, Rot, Hond, Tier, Perd, Konyn, Bok | Vark |
Basiese astrologiese elemente
Aardse tak van geboortejaar | Si |
Die Vyf Elemente | Vuur |
Jin/jang | Jin |
Maanmaand: | Vierde |
Gelukkige nommers | 2, 8; vermy: 1, 6, 7 |
Gelukkige blomme | Orgidee, kaktus |
Gelukkige kleure | Rooi, geel, swart; vermy: wit, goud, bruin[3] |
Seisoen: | Somer |
Naaste Westerse teken | Bul |
Sien ook
Verwysings
- Snake Horoscope Information Geargiveer 17 Februarie 2013 op Wayback Machine Besoek op 28 Augustus 2012.
- Eberhard, sub "Snake (She)", p. 268.
- "Chinese Zodiac - Snake" (in Engels). Your Chinese Astrology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2020. Besoek op 14 Maart 2018.
Bronne
- Eberhard, Wolfram (2003 [Duitse weergawe 1986]), A Dictionary of Chinese Symbols: Hidden Symbols in Chinese Life and Thought. Londen, New York: Routledge. ISBN 0-415-00228-1
- Vietnam Veterans for Factual History. Indochina in the Year of the Snake, 1965. p. 288. ISBN 9781929932658.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Slang (astrologie).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Vorige teken ← Draak (辰) |
Slang (巳) | Volgende teken Perd (午) → |