Slag van Vukovar
Die Slag van Vukovar was 'n 87-dag beleg van Vukovar in Oos-Kroasië deur die sogenaamde "Joego-Slawiese Volksleër", ondersteun deur verskeie paramilitêre troepe van Serwië, tussen Augustus en November 1991.
Slag van Vukovar | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Kroatiese Vryheidsoorlog | |||||||
Die Watertoring van Vukovar | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Bevelvoerders | |||||||
Franjo Tuđman | Veljko Kadijević | ||||||
Sterkte | |||||||
1 800 | 36 000 | ||||||
Ongevalle | |||||||
879 vermoor 777 gewond |
1 103 vermoor 2 500 gewond |
Voor die Kroatiese Vryheidsoorlog was die Barokstad 'n welvarende, etnies gemengde gemeenskap van Kroate, Serwiërs, en ander etniese groepe. In 1990 het die veelvuldige kulturele verskille tussen Westers-gesinde Rooms-Katolieke Kroate en russofiele Ortodokse Serwiërs uitgemond in 'n nasionalistiese beleid aan weerskante van die grens- en breuklyn tussen die twee volke wat dekades lank in 'n kunsmatige staat Joego-Slawië verenig was - onder president Franjo Tudjman in Kroasië en die Serwiese leier Slobodan Milosevic in Serwië.
Dit het aanleiding gegee tot 'n gewapende opstand van Kroatiese Serwiërs wat deur die Serwiese régime en paramilitêre groepe ondersteun is. Soos die Kroatiese Serwiërs beslag gelê het op die Serwies-bevolkte gebiede van Kroasië, het die Joego-Slawiese Volksleër begin om in te gryp ten gunste van die rebellie. Konflik het in die Oos-Kroatiese streek van Slavonië uitgebreek in Mei 1991. In Augustus het die Serwiese Volksleër 'n volskaalse aanval teen Kroaties-beheerde grondgebied in Oos-Slavonië geloods, insluitend Vukovar.
Verdere leesstof
- Psyciatric Genocide. In: Freedom Magazine, Mei 1993, gepubliseer deur die Church of Scientology International